Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nog projekte vir groenkrag kom
’n Uitsig op ’n paar van die windturbines by die Gouda-windplaas in die Swartland. Foto: Keith Quixley, Acciona

Nog R40 miljard tot R50 miljard se nuwe beleggings in groenkrag kan na Suid-Afrika vloei danksy die vyfde ronde van die departement van energie se program vir groenkrag-aankope.

Jeff Radebe, minister van energie, het die naweek op ’n belanghebbersforum vir die energiebedryf aangekondig die nuwe bodronde sal reeds vanjaar begin vir 1 800 MW se groenkragprojekte.

In dié ronde sal daar streng vereistes wees, onder meer om ondernemings wat aan vroue behoort te bevoordeel. Daar sal ook spesiale geleenthede vir jong mense geskep word.

Radebe sê die besteding aan die ontwikkeling van ondernemings as deel van die groenkragprogram sal hierdie keer meer gekoördineerd gedoen word.

Dit sal die behoeftes van die gemeenskappe in die omgewing van die projekte beter in ag neem en die impak van die besteding sal beter as voorheen gemeet word.

Radebe het vroeër vanjaar toesig gehou oor die uiteindelike ondertekening van kragkoopkontrakte tussen die 27 projekte van die groenkragprogram se vierde ronde en Eskom, nadat dit sowat twee jaar lank gesloer het omdat Eskom daarteen vasgeskop het.

Meer oor:  Eskom  |  Jeff Radebe  |  Elektrisiteitsverskaffer  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.