Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe baas by staat se kernfirma aangestel

Ayanda Myoli is as waarnemende uitvoerende hoof van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika (Necsa) aangestel, het Engineering News berig.

Hy kom in die plek van Don Robertson, wat teen einde Junie weg is by Necsa.

Ayanda Myoli, nuwe waarnemende hoof van die Kernenergiekorporasie van Suid-Afrika.

Robertson is weg teen dieselfde tyd as wat dr. Rob Adam, voorsitter van Necsa, bedank het. Adam is weg ná net sewe maande by Necsa. Hy het in Maart in die parlement gesê Necsa is in ’n krisis, is nie volhoubaar nie en het ’n nuwe sakemodel nodig.

Robertson was tydelik aangestel nadat die vorige permanente uitvoerende hoof, Phumzile Tshelane, deur Jeff Radebe, vorige minister van energie, afgedank is.

Robertson was eintlik reeds afgetree ná ’n loopbaan van 35 jaar by Necsa toe hy ingeroep is om te help ná Tshelane se aanvanklike skorsing in Desember verlede jaar.

Necsa was in ’n stadium winsgewend danksy sy filiaal NTP Isotopes wat ’n wêreldleier was op die gebied van mediese isotope wat vir bestraling en kankerbehandeling gebruik word. Sy isotope word wêreldwyd uitgevoer vir mediese gebruik. Maar in 2017 was daar ’n veiligheidsbreuk by sy produksie-aanleg en moes dit vir maande gesluit word voordat produksie hervat kon word. Dit het veroorsaak dat Necsa markaandeel verloor het, want kopers van die isotope het intussen ander verskaffers gevind.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie onder wie se toesig Necsa nou val, het verlede week in sy begrotingsrede gewaarsku Necsa sal moeite moet doen om sy markaandeel terug te wen.

Adam het in Maart gewaarsku Necsa is wel nog ’n lopende saak, maar as sake soos tans voortgaan sal dit nie een bly nie.

Volgens Myoli se LinkedIn-profiel was hy tot onlangs die inligtingshoof van Necsa sedert 2014. Hy was van Junie 2013 tot Maart 2014 die waarnemende bedryfshoof van Necsa, en het van 2010 tot 2013 as uitvoerende hoof van die Kernbedryfvereniging van Suid-Afrika gedien.

Hy het ook van 2003 tot 2007 by Necsa gewerk as hoofbestuurder vir korporatiewe veiligheid, gesondheid, die omgewing en gehalte.

Hy het by die Universiteit van Kaapstad as meganiese ingenieur gegradueer. Hy het ook ’n senior bestuursprogram by die Universiteit Stellenbosch gevolg en ’n meestersgraad in sakeleierskap deur Unisa behaal, benewens ’n diploma in verpakkingstegnologie by die Durbanse Instituut van Tegnologie.

Meer oor:  Necsa  |  Kernkrag  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.