Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe bepalings vir kragopwekking stel teleur
Heelwat genoteerde maatskappye verdien van hul inkomste uit wind- en sonkrag. Foto: Pixabay

Rolspelers in die energiebedryf is teleurgesteld omdat die regering se nuutste bepalings oor die lisensiëring en registrasie van onafhanklike kragverskaffers net vir projekte van tot 1 MW geld.

’n Toegewing daarin wat wel verwelkom word, is dat beperkings op die opwekkingsvermoë van aanlegte wat nie aan die land se kragnetwerk gekoppel word nie, opgehef is. Aanlegte wat krag vir eie gebruik opwek, hoef ook nie meer op dieselfde perseel as die gebruiker te wees nie, sê Alexandra Felekis, energiekenner van die regsfirma Webber Wentzel.

Ingevolge wysigings aan Skedule 2 van die Wet op Elektrisiteitsregulering in 2017 was dit in sekere gevalle nie nodig om ’n lisensie vir kragopwekking by die nasionale energiereguleerder (Nersa) te kry nie. Van sommiges is slegs registrasie vereis.

Daar was egter heelwat onduidelikheid in die dokument en in sommige kringe is selfs geglo dat elke kragopwekker in die land by Nersa geregistreer moet word.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vanjaar aangedui dat beperkings op private kragopwekking verslap sal word en daar is verwag dat projekte tot 10 MW van lisensiëring vrygestel sou word.

Op 26 Maart is verdere wysigings aan die skedule oplaas in die Staatskoerant gepubliseer, maar dit het meestal net vorige onduidelikhede opgeklaar.

Dit sluit in dat ’n lisensie of registrasie by Nersa nie nodig is vir kragopwekking vir bystand of rugsteun nie, sê Ig du Plessis, direkteur van Sonfin. Dis onnodig vir huishoudelike stelsels wat aan die netwerk gekoppel is, soos sonkrag-installasies, van kleiner as 100 kW. Hulle moet wel by hul eie kragverspreider, byvoorbeeld die plaaslike munisipaliteit, registreer.

’n Belangrike wysiging is volgens Du Plessis dat die opwekkingsvermoë nie meer aan geïnstalleerde vermoë gemeet word nie, maar aan die maksimum uitset. ’n Stelsel met ’n maksimum uitset van 1 MW hoef nie ’n lisensie te kry nie, maar moet by Nersa registreer, sê Du Plessis.

Meer oor:  Eskom  |  Kragopwekking  |  Kragvoorsiening  |  Elektrisiteit  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.