Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe kragkrisis by Eskom
Deels weens die gebrek aan steenkoollewering staar Eskom tans 'n kragopwekkingskrisis in die gesig. Foto: Bloomberg

’n Nuwe kragopwekkingskrisis is skynbaar by Eskom aan die gang deels weens die gebrek aan steenkoollewering deur die Optimum-steenkoolmyn.

Khulu Phasiwe, Eskom-woordvoerder, het op Twitter bevestig dat meer as 10 000 MW van Eskom se kragstasies nie Dinsdag aanlyn was nie. Dit beteken meer as ’n kwart van Eskom se kragopwekkingsvermoë was Dinsdag buite aksie.

Volgens Phasiwe het Eskom sy oopsiklusgasturbine-stasies - oftewel die duur dieselaangedrewe spitstydkragstasies by Atlantis en Mosselbaai - in bedryf gestel, asook krag van onafhanklike kragprodusente aangekoop om te verseker daar is volgehoue kraglewering.

Noodkrag is ook deur Eskom se pompopgaarskemas gelewer, soos die Ingula-skema in KwaZulu-Natal.

Eskom het die afgelope jaar of wat gespog dat hy ’n ooraanbod van kragopwekking het en dat hy nou meer elektrisiteit aan buurlande wil verkoop, maar Chris Yelland, uitgewer van die elektrisiteitsbedryf-publikasie EE Publishers, sê hy het betroubaar uit onafhanklike bronne verneem Eskom steun al vir twee weke op die duur dieselkragstasies, terwyl die Majuba-steenkoolkragstasie in Mpumalanga net 10 dae se steenkoolvoorraad het.

Kritici bespiegel dat die jongste kragprobleme ’n klugspel is om druk te plaas op Nersa om Eskom se tariewe te verhoog.

Kritici het op Twitter bespiegel dat die jongste kragprobleme ’n klugspel is om druk te plaas op Nersa om Eskom se tariewe te verhoog.

Yelland, sê hy verneem Thava Govender, ’n vorige Eskom-hoof vir kragopwekking, Maandag weer in sy pos heraangestel is nadat hy vroeër jare uitgeskuif is om plek te maak vir Matshela Koko. Govender se heraanstelling in die pos is later deur Phasiwe bevestig.

Govender kom in die plek van Willie Majola wat verskuif is na die pos van hoof van transmissie - die pos wat Govender tot nou beklee het.

Yelland sê die gissings is dat Govender heraangestel is danksy sy krisisbestuur-ervaring wat nou by Eskom nodig is te midde van die onbeplande en beplande kragonderbrekings vir instandhouding, en die steenkooltekorte by sekere kragstasies weens die Optimum-myn se probleme.

Phasiwe sê ’n aantal kragstasie-eenhede was Dinsdag af vir instandhouding. Eskom doen die meeste van sy roetine-instandhouding in die somer wanneer kragvraag laer is as in die winter.

Hoewel Eskom se besteding aan diesel vroeër ’n geldkrisis vir Eskom verteenwoordig het, het Phasiwe bevestig die gebruik van diesel het die afgelope drie jaar drasties verminder. Eskom mik om vir die 2017-’18-boekjaar sy dieselkragstasies net 1% van die tyd te gebruik, en tot dusver is hulle net vir 0,51% van die tyd gebruik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.