Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe plan vir petrolprys dalk in Januarie bekend

Die departement van energie sal teen Januarie volgende jaar navorsing voltooi oor die moontlikheid om ’n maksimum prys vir loodvrye petrol vas te stel, eerder as die vasgestelde kleinhandelprys soos tans.

Jeff Radebe, minister van energie.

Jeff Radebe, minister van energie, het Woensdagmiddag in die parlement gesê die departement sal aan die parlement terugvoering daaroor gee.

Dit kom in ’n jaar met rekordstygings in die petrolprys oor die afgelope sewe maande.

’n Tydelike subsidie van die petrolprys in September is gevolg deur die grootste styging tot nog toe in Oktober. (Die twee faktore is nie verwant nie – Oktober se styging is meegebring deur ’n skerp verswakking in die rand in September, asook ’n styging in die olieprys.)

Radebe het in antwoord op ’n vraag deur die ANC-LP Ndabakayise Gwbaza gesê die grootste uitdaging is dat die petrolprys bepaal word deur faktore buite die regering se beheer.

“Ons produseer nie ons eie olie in Suid-Afrika nie. Ons voer ons olie in en die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande bepaal pryse; dis buite ons beheer.”

Radebe sê hulle werk met die Suid-Afrikaanse Petroleumbedryfsvereniging saam om die moontlikheid van die vasstelling van ’n maksimum prys te ondersoek.

“Die voorstel sal bepaal watter wetlike stappe gedoen moet word.”

Wetgewing oor hoe die petrolprys vasgestel word, sal verander moet word. Fin24, verwerk

Meer oor:  Sapia  |  Jeff Radebe  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Departement Van Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.