Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe raffinadery ‘dringend’ nodig

Suid-Afrika sal in ’n nuwe olieraffinadery moet belê.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie.

Die Saoedi-Arabiese maatskappy Saudi Aramco wil in vennootskap met Suid-Afrika ’n nuwe olieraffinadery in Richardsbaai bou, het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, gesê. “Die besluit hieroor moet gou geneem word, want as ons weer sien, bou hulle dit in Kenia.”

Werk vorder aan die wetsontwerp oor die ontwikkeling van petroleumhulpbronne om as afsonderlike wetgewing vir die benutting van Suid-Afrika se oliehulpbronne te skep, het Mantashe Donderdag in die energie-begrotingsposdebat gesê.

Daar is ook ’n gasontwikkeling-wetsontwerp wat op pad is om aardgasbronne te ontwikkel, soos Total se Brulpadda-gasveld aan die Suid-Kaapse kus, het Mantashe gesê.

Hy het belowe die langverwagte geïntegreerde hulpbronplan (IRP), wat nog by Nedlac bespreek word, sal teen September eindelik voor die kabinet dien.

Mantashe sê Suid-Afrikaners moet wegskram van die hoogs gepolariseerde debat oor energie. “Dit gaan nie oor steenkool teen kernkrag teen hernieubare energie nie.”

Namate steenkoolkragstasies afgeskakel word, moet die krag vervang word met iets anders.

Die huidige IPP-kantoor binne die departement van energie sal omskep word in ’n wetlike entiteit as ’n permanente liggaam om te help om energiesekerheid vir Suid-Afrika te verseker.

Kernkrag sal ná 2045 nodig wees, het Mantashe gesê.

Kernkrag sal teen die prys, tempo en skaal aangekoop word wat Suid-Afrika kan bekostig.

Die Koeberg-kernkragstasie sal teen 2024 die einde van sy leeftyd bereik, maar Eskom werk aan ’n plan om sy leeftyd tot 2045 te verleng, het Mantashe gesê.

Mantashe het die Kernenergiekorporasie (Necsa) tussen die lyne berispe dat sy aanleg vir die vervaardiging van mediese radio-isotope vir byna ’n jaar gestaak is. “As jy die oorheersende markaandeel het en vir ’n tyd nie produseer nie, soek mense na alternatiewe en moet jy hard werk om weer jou markaandeel terug te wen.”

PetroSA het begin met forensiese ondersoeke na beweerde wanbestuur die afgelope paar jaar.

Mantashe het beklemtoon hy gee aandag aan die forensiese verslag oor die wanbestuur by die Strategiese Brandstoffonds.

Oor die Inga-projek in die Demokratiese Republiek van die Kongo het Mantashe gesê dit sou selfsugtig van Suid-Afrika wees om hom aan ’n ooreenkoms te onttrek om krag van Inga te koop.

Meer oor:  Eskom  |  Richardsbaai  |  Elektrisiteit  |  Kernkrag  |  Olie  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.