Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe veldtog wil einde aan beurtkrag bring

Die Instituut van Rasseverhoudinge (IRR) reken “eenvoudige en praktiese oplossings” kan beurtkrag tot ’n einde bring, en dit is presies wat hy met sy nuwe veldtog wil bereik.

beurtkrag
Beurtkrag kan kortgeknip word deur Eskom te ontpolitiseer, glo die IRR. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die #PowerToThePeople-veldtog is daarop gemik om druk op spesifiek Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, uit te oefen. Die IRR wil hom oortuig om ’n reeks stappe te doen wat beurtkrag glo kan beëindig.

Eskom het die afgelope paar jaar probleme met die opwekking van kapasiteit, en volgens André De Ruyter, Eskom se uitvoerende hoof, sal dit waarskynlik nie binnekort opgelos kan word nie.

Ted Blom, ’n energiekenner, sê as die scenariobeplanning van Eskom oor beurtkrag vir die komende drie maande ’n werklikheid word, gaan dit die ergste in die kragmaatskappy se geskiedenis wees, berig Nellie Brand-Jonker.

LEES OOK: Eskom sukkel só, fase 6 aan die kom, maan kenners

Eskom doen sy scenariobeplanning drie maande vooruit om te bepaal wat die waarskynlike kragtekort gaan wees. Dit toon nou die 14 weke van die ergste waarskynlike scenario; baie erger as die afgelope twee jaar dieselfde tyd.

En Blom meen dié vooruitskatting, wat daarop dui dat beurtkrag weekliks kan plaasvind, is waarskynlik konserwatief.

Die IRR eis nou dat die volgende moet gebeur om beurtkrag te beëindig:

  • Om Eskom as ’n opwekker in staatsbesit te hou, terwyl enige onderneming daarteen mag meeding vir die opwekking en verkoop van elektrisiteit – mits hierdie mededinging streng op ’n kommersiële grondslag is en nie deur subsidies skeefgetrek word nie.
  • Die ontpolitisering van Eskom; die kragopwekker moet sy ou funksie hervat om voldoende, betroubare elektrisiteit te lewer terwyl hy sy koste dek. Niks anders nie.
  • Om Eskom te verbied om politieke, maatskaplike of rasse-ambisies na te streef. Hy moet sy ingenieurs en ander tegniese personeel op grond van verdienste aanstel.

“Die groot frustrasie met die skynbaar eindelose beurtkrag is die eenvoud en praktiese oplossings wat hierdie vernietigende onsin eens en vir altyd tot ’n end kan bring,” sê Hermann Pretorius, hoof van die IRR se strategiese inisiatiewe.

“Daarom bied ons veldtog ’n eenvoudige stel oplossings wat byna onmiddellike en dramatiese gevolge kan hê. Suid-Afrikaners moet regtig meer van die regering eis – in hierdie verband sal die IRR nie skroom om ’n leidende rol te speel nie.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Krag  |  Instituut Vir Rasseverhoudinge  |  Irr  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.