Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Nuwe wind- en sonkrag: Bedryf is gereed vir bou

Die windkragbedryf kan sowat R40 miljard per jaar se beleggings na Suid-Afrika lok as dit behoorlik ontwikkel word, meen die Suid-Afrikaanse Windenergievereniging (Sawea).

Een van die maatskappy Scatec Solar se grootskaalse fotovoltaïese sonkrag-aanlegte in Suid-Afrika.

Ntombifuthi Ntuli, uitvoerende hoof van Sawea, het Maandag die publikasie in die Staatskoerant van die nuwe art. 34-bepalings oor elektrisiteitsverskaffing verwelkom.

Hiervolgens het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, in Vrydag se Staatskoerant bepaal dat 6 800 MW se nuwe son- en windkrag gebou moet word, benewens 3 000 MW se gaskragstasies, 1 500 MW se steenkoolkrag en 513 MW se kragopgaar-tegnologie.

Dit moet alles tussen 2022 en 2027 deur private kragontwikkelaars gebou word en die elektrisiteit moet aan Eskom verkoop word.

Die aankondiging is ’n stap nader om ’n beraamde R40 miljard se jaarlikse investering in die windkragbedryf te ontsluit, sê Ntuli.

Daar sal 4 800 MW se windkrag en 2 000 MW se sonkrag gebou word, en dit sal via die vyfde bodronde van die regering se suksesvolle groenkragprogram gedoen word.

Die windkragbedryf kan oor die komende jare regstreekse werkgeleenthede in verskeie sektore van die ekonomie skep, veral in konstruksie, vervaardiging, vervoer, logistiek en professionele dienste, sê Ntuli.

Nivesh Govender, bedryfshoof van die Suid-Afrikaanse Fotovoltaïse Bedryfsvereniging (Sapvia), sê as die regte omgewing geskep word, kan die grootskaalse sonkragprojekte van tot 75 MW op ’n slag binne 12 maande gebou word vanaf die ondertekening van die kragkoopkontrakte. Hy verwag die koste van sonkrag kan in die vyfde bodronde sowat 60c per kWh wees. Dit is die prys waarteen Eskom die krag kan aankoop, voordat dit herverkoop word aan Eskom se kliënte.

Govender meen die kleiner sonkragprojekte wat buite die regering se groenkragprogram val - sogenaamde kleinskaalse verspreide kragopwekking van 1 MW tot 10 MW - kan binne ses tot agt maande gebou word as die regte omgewing geskep word.

Meer oor:  Sapvia  |  Sawea  |  Gwede Mantashe  |  Elektrisiteit  |  Krag  |  Sonkrag  |  Windkrag  |  Groenkrag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.