Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olie huiwer steeds rondom sy laagste vlak in jaar

Oliepryse het Dinsdag gestyg maar steeds rondom die laagste vlak in meer as ’n jaar gehuiwer weens die gebrek aan vraag van China af.

Die koronavirus veroorsaak nou 'n ander probleem vir oliehandelaars en dit is dat hulle plek moet soek om ruolie te stoor weens die ooraanbod van voorraad en die gebrek aan vraag van China af. Foto: BLOOMBERG

Die Brent-ruolieprys het Maandagaand 1,1% laer op $53,78 gesluit, volgens Iress. Dit was die laagste vlak in meer as 'n jaar. 

“Die prys van ruolie bly onder druk weens die kommer oor die vraag na olie weens die impak van die koronavirus,” sê Vandana Hari, stigter van Vanda Insights, aan Bloomberg.

“Die prys gaan waarskynlik laer neig in ooreenstemming met die verdere verspreiding van die koronavirus.”

Dinsdagoggend het die prys van West Texas-ruolie vir lewering in Maart en Brent-ruolie vir lewering in April weer met meer as 1% gestyg.

China is die wêreld se grootste invoerder van olie en die koronavirus het ’n impak op die vraag vanuit dié land.

“Daar is steeds druk op die oliemark weens die koronavirus-gesondheidskrisis wat China se vervoer- en vervaardigingsektore feitlik tot ’n stilstand gebring het,” sê ontleders van Eurasia Group Maandag in ’n verklaring.

Die invoer van ruolie en aardgas deur China het reeds geval, berig Reuters.

Oliehandelaars soek nou na plekke om ruolie op see te stoor weens die ooraanbod van voorraad.

Invoerders in China sukkel ook om hul opgegaarde voorraad te hanteer.

Die weifeling deur Opul oor hoe om die situasie in die oliemark te hanteer, het ook gelei tot ’n situasie waar nabye termynpryse teen ’n diskonto begin verhandel van termynkontrakte wat ’n latere leweringstyd het.

Vitol, Royal Dutch Shell en Litasco is van die maatskappye wat reusetenkskepe huur om olie te stoor nadat die skerp val in die vraag van China versoeke om die lewering van olie uit te stel, laat toeneem, het bronne met kennis van die situasie, aan Bloomberg gesê. – Bloomberg, Reuters, bygewerk

Meer oor:  Shell  |  Vitol  |  Opul  |  Olieprys  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.