Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olie-invoer: China loop rekord net-net mis

China, die wêreld se grootste invoerder van olie, het in April net-net die wêreldrekord vir die meeste ingevoerde olie in ’n enkele maand misgeloop.

olie,skip,olieskip
Die olietenkskip Alaskan Frontier kan tot 240 miljoen liter olie dra, en seil hier in die Stille Oseaan, in April 2018. Foto: Getty Images

In April het China 10,68 miljoen vate ruolie per dag ingevoer, volgens syfers wat Woensdag uitgereik is.

Dis slegs 0,8% minder as die rekord van 10,77 miljoen vate per dag wat die VSA in 2005 gestel het.

Maar, soos China self erken, dis nie juis ’n “eer” om die meeste olie in te voer nie.

Dit dui wel aan dat ’n ekonomie roer as hy so ’n behoefte aan energie het, maar die enorme invoerrekening wat dan aan olie-uitvoerders geskuld word, knou onder meer die staat se koffers.

China is wel goed op dreef met sy voorbereiding vir ’n brandstofvrye toekoms, teen minste wat persoonlike vervoer betref. En sy mense is meer opgewonde vir die oorgang as die deurslag-Amerikaner.

“In China, maar ook in ander Asiatiese lande, sien ons meer opwinding oor ‘die nuwe’ in die algemeen,” sê Markus Winkler, wêreldwye hoof van motorvoertuie by die Capgemini-navorsingsinstituut. “En die versnelling oor die afgelope paar jaar kom ook vanaf die regering.”

Die VSA het lank probeer om sy afhanklikheid van ingevoerde olie met hoër standaarde vir brandstofdoeltreffendheid en die ontwikkeling van biobrandstof te verlaag, maar die groot deurbraak het gekom toe skalieolie-ontginning die hoogte ingeskiet het.

China se strategie is beleggings in hoëspoedtreine en elektriese voertuie om sy afhanklikheid van olie-invoer te begin hokslaan.

Veral met betrekking tot selfbesturende elektriese motors is China baie ambisieus. Die land wil reeds teen 2020 dié soort voertuie uit hul toetsfases uit en op straat kry.

Meer as die helfte van Chinese verbruikers het in ’n onlangse peiling aangedui dat hulle gereed en opgewonde is om elektriese selfbesturende motors te gebruik, terwyl slegs ’n derde van Amerikaners en Britte dieselfde voel.

Die peiling deur Capgemini het meer as 5 000 respondente gehad, met China die gretigste vir die nuwe tegnologie, en die VSA heel laaste.

– Bloomberg, verwerk

Die tien grootste invoerders van ruolie in 2018 was:
  • 1. China: $239,2 miljard (20,2% van totale ruolie-invoer wêreldwyd)
  • 2. VSA: $163,1 miljard (13,8%)
  • 3. Indië: $114,5 miljard (9,7%)
  • 4. Japan: $80,6 miljard (6,8%)
  • 5. Suid-Korea: $80,4 miljard (6,8%)
  • 6. Nederland: $48,8 miljard (4,1%)
  • 7. Duitsland: $45,1 miljard (3,8%)
  • 8. Spanje: $34,2 miljard (2,9%)
  • 9. Italië: $32,6 miljard (2,8%)
  • 10. Frankryk: $28,5 miljard (2,4%)

Bron: WTEx.com


Meer oor:  China  |  Vsa  |  Voertuie  |  Brandstof  |  Olie  |  Elektriese Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.