Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olie se goeie bui baie sleg vir petrolprys in Mei
Die olieprys wat aanhou styg, kan Suid-Afrikaners duur te staan kom in Mei.

Die olieprys wat aanhou klim, is slegte nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste.

Ruolie het Vrydag laat vir die eerste keer sedert 8 November 2018 wéér deur die vlak van $70 per vat gebreek.

Dit het vroeg Maandagoggend teen $70,63 verhandel.

Die nuus is voorwaar sleg vir Suid-Afrikaanse motoriste wat juis in April tussen R1,23 en R1,34 per liter meer vir brandstof betaal.

Die departement van energie het toe gesê een van die groot redes waarom die petrolprys so baie gestyg het, was omdat die gemiddelde prys van olie in Maart teen $66,01 per vat verhandel het teenoor die $64,04 in Februarie.

Die rand het ook in dié tyd verswak.

Hoewel die rand in April teen ongeveer R14,14 beter teenoor die dollar verhandel as Maart se R14,36, kan die styging in die olieprys dié verbetering teenwerk.

Met net een week van die oorsigmaand vir Mei wat verby, wys die Sentrale Energiefonds se nuutste syfers is die onderverhaling (dus potensiële styging) op 93- oktaan- én 95-oktaan-petrol reeds nagenoeg 71c per liter. Dit is egter net 3c per liter op die dieselprys.

Reuters berig die groot rede waarom die olieprys aanhou styg, is omdat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) steeds aanhou om die hoeveelheid olie wat geproduseer word te verminder.

“Die prys van ruolie het in die jaar tot nou met meer as 30% gestyg met dié dat Opul die afgelope vier maande elke maand produksie snoei, terwyl optimisme dat gesprekke oor ’n moontlike handelsooreenkoms tussen Amerika en China suksesvol gaan wees, weer aanvraag steun,” sê die Amerikaanse bank JP Morgan in ’n nota.

Opul het saam met sekere nie-lede soos Rusland ooreengekom om vanjaar 1,2 miljoen vate ruolie per dag te lewer juis om die prys van ruolie te steun.

FGE, ’n energiekonsultant, voorspel olie sal binnekort teen $75 per vat of selfs hoër verhandel.

Meer oor:  Opul  |  Olieprys  |  Petrolprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.