Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olieprys haal hoogste vlak in 5 weke
Die prys van ruolie het tot sy hoogste vlak in vyf weke gestyg.

Die olieprys het Maandag in New York die hoogste vlak in vyf weke gehaal nadat lede van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy bondgenote, Rusland ingesluit, aangedui het hulle gaan produksieperke verleng.

Die prys van Brent-ruolie het die oggend met meer as 3% tot selfs $66,75 per vat gestyg en die afgelope twee weke al met meer as 11%.

’n Opul-komitee het aanbeveel dat produksieperke met nog nege maande verleng word, berig Bloomberg. Die besluit word tans op ’n vergadering in Wene, Oostenryk, bespreek. Die twee grootste olieprodusente uit die 24 lande, Saoedi-Arabië en Rusland, steun die besluit.

Iran, Nigerië, Venezuela, Irak en Oman steun ook die verlening van die perke met tot nege maande, wat ongewoon is omdat Opul gewoonlik besluite oor die volgende ses maande neem.

Die styging in die olieprys is natuurlik slegte nuus vir Suid-Afrikaners, maar dit sal eers in Augustus in plaaslike brandstofpryse neerslag vind. Vrydagaand is aangekondig 95-oktaan-petrol word 95c per liter goedkoper, terwyl diesel se groothandelprys met tussen 75c en 76c per liter daal.

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Brent-Ruolie  |  Energie  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.