Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olieprys: Opul se laer produksie help nie veel

Die olieprys bly stabiel ten spyte van die produksiebesnoeiings van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul), en dit kan dui op moontlike verligting vir Suid-Afrikaanse motoriste.

Donderdagoggend het Brent-ruolie op $61 per vat gestaan.

Dié Brent-ruolieprys het sedert Opul einde 2018 gesê het hy gaan sy produksie sny, met sowat 10% gestyg nadat dit oor die voorafgaande drie maande met sowat 40% gedaal het.

Die Opul-lid Saoedi-Arabië het die afgelope week verskepings na Amerikaanse raffinaderye met ’n derde verminder van meer as ’n miljoen vate per dag tot 684 000, terwyl Rusland se adjunkminister van energie gesê het dié land sal sy besnoeiingsmikpunt kragtens die Opul-ooreenkoms teen April bereik.

Maar Amerika se produksie van skalie-olie neem voortdurend toe. Dit het verlede week met 200 000 vate tot 11,9 miljoen vate per dag gestyg, ’n nuwe rekord volgens data van die Energie-inligtingsadministrasie.

Die landwye ruolie-voorraad het die afgelope week vir die sesde keer in sewe weke geval en is nou op die laagste vlak sedert vroeg in November. Maar die voorraad van petrol en ander brandstof het met meer as twee keer die verwagting van ’n Bloomberg-peiling gestyg, wat niks goed voorspel vir die vraag na ruolie nie.

Die vraag na ruolie is onder druk weens volgehoue trae ekonomiese groei wêreldwyd, wat die uitwerking van laer produksie neutraliseer en dus steeds afwaartse druk op pryse plaas.

Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse brandstofpryse?

Luidens die Sentrale Energiefonds se jongste syfers is die onderverhaling tot dusver R0,06 per liter op die prys van 95-oktaan-petrol en R0,26 per liter op die groothandelprys van diesel met ’n swaelinhoud van 0,005%.

Die finale oorverhaling – dus die potensiële daling in die brandstofprys vir volgende maand – word eers op Vrydag 1 Februarie vasgestel.

Benewens die druk op ruoliepryse weens laer aanvraag, help ’n sterker rand ook om Suid-Afrikaanse brandstofpryse laer te hou.

Daar is dus ’n goeie kans dat brandstofpryse in Februarie verder kan daal, het die Automobiel-Assosiasie van Suid-Afrika (AA) Dinsdag in sy oorsig oor brandstofpryse gesê.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Olieprys  |  Sentrale Energiefonds  |  Brandstofpryse  |  Energie  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.