Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Olieprys se vryval duur voort te midde van Covid-19

In die VSA gebruik motoriste nou byna net so min brandstof as 30 jaar gelede te midde van inperkings in die meeste state.

Die wêreld het ’n ooraanbod olie te midde van wêreldwye inperkings.

Wêreldwyd gaan die vraag na olie vanjaar met meer as 9 miljoen vate per dag val, volgens ramings van die Internasionale Energie-agentskap (IEA). Verbruik in April gaan na verwagting ’n derde laer wees as ’n jaar gelede en op die laagste vlak sedert 1995.

Die IEA verwag dat bergplek vir olie teen die middel van die jaar vol sal wees.

Dié ramings kom nadat die prys van Brent-ruolie die afgelope twee dae met altesame 12,8% geval het omdat daar nog in min lande enige teken is dat die Covid-19-pandemie gestuit word. Die prys van West Texas Intermediate, die Amerikaanse standaard, het Woensdag op die laagste vlak in 18 jaar, $19,80 per vat, gesluit.

Vir die jaar tot dusver is Brent 58% goedkoper.

Die vryval in oliepryse kom selfs ondanks die ooreenkoms wat die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande (Opul) en sy bondgenote, Rusland ingesluit, Sondag aangegaan het om produksie met 10% te sny in ’n poging om die daling te stuit.

Die IEA sê selfs dié besnoeiings deur die lande wat nou as Opul+ geskryf word, kan nie die ineenstorting van die vraag na brandstof teenwerk wat deur die pandemie veroorsaak word nie.

Die daling in oliepryse is natuurlik goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste. Teen Donderdagoggend was die oorverhaling vir Mei se petrolprys R1,85 per liter op 95-oktaan en R1,78 op 93-oktaan. Die oorverhaling op diesel met 0,05% swael is R1,19 per liter en op diesel met 0,005% swael R1,15.

Die VSA het nou ’n rekord van 19,2 miljoen vate olie opgeberg. Pres. Donald Trump oorweeg dit om Amerikaanse oliemaatskappye te betaal om nié olie te ontgin nie.

Meer oor:  Olieprys  |  Koronavirus  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie  |  Diesel  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.