Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Oliereus nader notering
Aramco se markwaarde word op $2 000 miljard geraam, wat dit die wêreld se waardevolste maatskappy maak. Dis ook een van die winsgewendste maatskappye. Foto ter illustrasie: Bloomberg

Die wêreld se grootste oliemaatskappy het sy direksie geskommel in die aanloop tot wat die grootste noterings tot nog toe in die wêreld kan wees.

Die staatsbeheerde Saudi Arabian Oil Co., bekend as Aramco, het mense met internasionale ervaring in die olie- en petrochemiese sektor en, ongewoon vir ’n Midde-Oosterse maatskappy, selfs ’n vrou in die direksie aangestel.

Onder die nuwe aanstellings tel Andrew Liveris, uitgaande uitvoerende hoof en voorsitter van Dow Chemical. Hy sal op 1 Julie in Aramco se direksie begin wanneer hy by Dow aftree.

Lees ook: Hiér is die finale styging in die petrolprys

Aramco oorweeg nou al geruime tyd ’n aanvanklike openbare aanbod op die plaaslike aandelebeurs, met ’n sekondêre notering op minstens een buitelandse beurs.

Aramco se markwaarde word op $2 000 miljard geraam, wat dit die wêreld se waardevolste maatskappy maak. Dis ook een van die winsgewendste maatskappye.

Lynn Elsenhans, voormalige voorsitter van Sunoco, word die enigste vrou in die direksie.

Nog ’n nuwe aanstelling is Peter Cella, voormalige president en uitvoerende hoof van Chevron Phillips Chemical Co., en Mohammed Al-Jadaan en Mohammad Al Tuwaijri, onderskeidelik Saoedi-Arabië se minister van finansies en van ekonomie.

Die beplande notering van Aramco is deel van ’n poging om Saoedi-Arabië se ekonomie te transformeer van ’n oliegedrewe ekonomie na een wat ook nuwe bedrywe vestig.

Aramco oorweeg dit om raffinaderye in onder meer China en Indië te bou om markaandeel in dié lande te bou. Petrochemiese fabrieke word ook in die VSA en in Saoedi-Arabië gebou soos Aramco probeer diversifiseer na die vervaardiging van chemikalieë.

Aramco het sy direksie van nege tot 11 lede vergroot. Drie mense het uitgetree: Majid Al-Moneef, ’n koninklike raadgewer, Khaled Al-Sultan, rektor van die King Fahd-Universiteit, en Peter Woicke, voormalige besturende direkteur van die Wêreldbank. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Olie  |  Petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.