Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Oliewetgewing kom eers ná verkiesing
Nuwe wetgewing rakende die olie- en gasbedryf word na die verkiesing aangekondig.

Wetgewing spesifiek gemik op die olie- en gasbedryf sal eers in die volgende parlement ná volgende jaar se verkiesing ingedien word, het Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, Donderdag gesê.

Mantashe het by ’n forum in Kaapstad met die olie- en gasbedryf gevra vir geduld. Dit help nie die wetgewing word nou ingedien kort voor die verkiesing volgende jaar nie, want dit sal saam met die huidige parlement verstryk.

Hy het die Franse oliereus Total gelukgewens met die bring van ’n nuwe olieboortoring na die Suid-Kaapse kus. Die boortoring is vanuit Swede bestel en is tans by Walvisbaai, op pad na Suid-Afrika. Mantashe sê hy wil graag op dié boortoring klim vir ’n foto wanneer dit in Suid-Afrika aankom.

Oor skaliegasontginning in die Karoo sê Mantashe die ontginningsbedrywe is uit hul aard morsig, vuil en gevaarlik. Dit moet egter verantwoordelik gedoen word en die omgewingsaktiviste moet saamwerk om te help sorg dat ontginning nie die omgewing skaad nie.

“Suid-Afrika moet wegbreek uit die laegroeitrajek. Die olie- en gasbedryf kan daarmee help.”

Hy is nie deurmekaar oor waar die olie- en gasbedryf by sy departement inpas nie, sê Mantashe.

Julle is in die sakesektor, want julle wil geldmaak. In die proses skep julle werk en verlig armoede. Julle is nie in die bedryf vir maatskaplike redes nie.
Gwede Mantashe

Die eksplorasie en ontginning van olie en gas val onder sy departement, maar waar waarde toegevoeg word skuif dit oor na die departement van energie, verduidelik hy.

Hy besef die olie- en gasbedryf moet geld maak terwyl hulle in die land belê.

“Julle is in die sakesektor, want julle wil geldmaak. In die proses skep julle werk en verlig armoede. Julle is nie in die bedryf vir maatskaplike redes nie.”

Swart nyweraars moet in die bedryf gekweek word, maar moenie gepamperlang word soos baba’s nie, beklemtoon Mantashe.

Hy glo by die eksplorasiefase is dit nie nodig om bemagtigingsteikens te hê nie sodat die mark oopgemaak kan word. Waar ontdekkings gemaak en olie en gas ontgin kan word, moet bemagtigingsteikens egter wel ingebring word.

Hy verdedig die huidige moratorium op die toekenning van nuwe eksplorasielisensies om ’n stormloop te keer en die uitbreiding van die bedryf beheers te bestuur.

Mantashe sê die moratorium sal gewysig word om duidelik te maak dat bestaande aansoeke wel verwerk sal word.

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Gas  |  Wetgewing  |  Skaliegas  |  Energie  |  Fracking  |  Olie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.