Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Opul besluit om olie skaars, pryse hoog te hou

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) het besluit om sy produksiebesnoeiings voort te sit, wat saam met die toenemende spanning in Iran stygings in oliepryse gaan ondersteun.

Khalid Al-Falih, minister van energie van Saoedi-Arabië, hooflid van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul). Foto: Reuters

Opul en sy nielede-vennote (Opul+) het die naweek vergader om te besluit of hul plan om die olievoorraad kunsmatig te beperk nog die gewensde uitwerking van die styging in oliepryse tot sowat $80 per vat sal hê.

Die vennote het hul verbintenis tot die strategie vir die res van die jaar bevestig terwyl die bedreiging van ’n swakker vraag na olie wêreldwyd blykbaar aan die afneem is.

Dié herbevestiging kom kort op die hakke van die toenemende spanning tussen die VSA en Iran wat regstreeks en nieregstreeks verdere olie-uitvoer beperk.

Die VSA het in April strenger sanksies aangekondig teen die invoer van olie uit Iran. Die strenger sanksies is in Mei in werking gestel.

Voorheen mag sekere lande met Amerikaanse kwytskelding nog olie van Iran ingevoer het.

Iran het in reaksie gedreig om die Straat van Hormoes, waardeur 40% van die wêreld se olie beweeg, te versper.

Pres. Donald Trump, wat reeds oorlogskepe en vliegtuie na die gebied gestuur het, het Sondag getwiet dat “dit die amptelike einde van Iran sal wees” indien hy ooit weer die VSA dreig. Dit was in reaksie op ’n missielaanval in Irak in die Amerikaanse groen-sone. Trump blameer Iran daarvoor.

Niemand het nog verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie. Niemand is beseer nie en geen skade is aan Amerikaanse eiendom aangerig nie.

Twee van Saoedi-Arabië se olietenkskepe is ook vroeër vandeesmaand in die Straat van Hormoes aangeval en erg beskadig.

Hoewel die uitkoms van die Opul+-byeenkoms in pas met die verwagtinge was, is dit steeds onseker of die produsente uiteindelik in Junie op verdere produksiebesnoeiings sal besluit.
Takayuki Nogami

Die prys van Brent-ruolie het reeds vanjaar met sowat 40% gestyg ná Opul se besnoeiings, maar nou moet die groep versigtig wees te midde van soveel geopolitieke verwikkelings wat verdere druk op die olievoorraad plaas.

“Ruolie-pryse styg omdat beleggers sien dat Opul die vraag en aanbod na olie wil vernou om die huidige pryse te handhaaf,” sê Takayuki Nogami, hoofekonoom by die Japan Oil, Gas and Metals National Corporation in Tokio.

“Hoewel die uitkoms van die Opul+-byeenkoms in pas met die verwagtinge was, is dit steeds onseker of die produsente uiteindelik in Junie op verdere produksiebesnoeiings sal besluit,” sê hy.

Rusland, die belangrikste vennoot van die Opul+-groep, het ook sy kommer uitgespreek oor die moontlikheid om geleenthede mis te loop as daar te min olie verskeep word.

Aleksander Nowak, minister van energie in Rusland, sê hulle is gereed om die besnoeiings te verslap indien die mark meer ruolie sou benodig. Maar vir nou raak die geopolitieke situasie in die Midde-Ooste en Venezuela nog nie olievoorraad genoegsaam dat Rusland sy verbintenis tot Opul+ se besnoeiings in die tweede helfte van 2019 nie sal nakom nie, het Nowak gesê.

Brent-ruolie het Maandag ’n hoogtepunt van $73,39 per vat bereik voordat dit weer teen 15:00 rondom $72,29 per vat verhandel het.

Die laaste twee weke het die prys van Brent-ruolie gemiddeld nog elke dag versterk. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Donald Trump  |  Brent-Ruolie  |  Sanksies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.