Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Opul-plan gee olieprys nare hupstoot

Oliepryse het Vrydag stewig gestyg nadat dit begin lyk het asof die oliekartel bekend as Opul+ perke op olieproduksie gaan voortsit.

olieprys
Olieopgaartenks by Jebel Ali naby Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate. Foto: AP

Die 13 lidlande van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande en nog tien lande wat olie uitvoer, onder hulle Rusland, onderhandel nou al ’n week lank oor die produksieperke, waardeur hulle probeer om die sukkelende olieprys op te druk.

Die prys van Brent-ruolie het Vrydag met meer as 3% tot selfs $41,30 per vat gestyg en vir die hele week met byna 17%. Dit is ook al 42% hoër as toe die lopie op 13 Mei begin het.

Die olieprys het die afgelope jaar skerp gedaal weens ’n ooraanbod van olie op wêreldmarkte, deels omdat die vraag na olie skerp gedaal het te midde van die Covid-19-krisis. Soos lande hul inperkingsmaatreëls begin verslap en meer ekonomiese bedrywighede hervat, styg die vraag na brandstof ook.

Die verwagting is dat Opul+ Saterdag ’n ooreenkoms gaan onderteken wat produksieperke tot die einde van Julie verleng.

Irak blyk egter steeds teen te stribbel en produseer steeds heelwat meer olie as die perk wat op hom gestel word.

Angola, Kazachstan en Nigerië het ook almal hul perke oorskry, maar het Donderdag belowe hulle sal produksie in pas bring met die ooreenkoms.

Die verlenging van die ooreenkoms kan oudergewoonte op die nippertjie gekelder word, maar indien dit deurgevoer word, sal Suid-Afrikaners maar meer vir brandstof moet begroot.

Die rand – benewens internasionale oliepryse die faktor wat plaaslike brandstofpryse bepaal – het wel die afgelope twee dae vir die eerste keer in maande tot onder R17 per dollar versterk. Of dit genoeg gaan wees om ’n styging in die petrolprys af te weer, sal nog gesien moet word.

Petrol het Woensdag met R1,18 per liter duurder geword en diesel met 21c per liter. Die volgende brandstofprysaanpassing is eers op 1 Julie.

Meer oor:  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie  |  Diesel  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.