Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Opul se Russiese dilemma goeie nuus vir SA
Opul en sy lidlande gaan nie olieproduksie sny nie.

Vir die eerste keer in vyf jaar kon die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) nie Donderdag ooreenstem om olieproduksie te sny nie, ondanks ’n luidkeelse veldtog deur die groep se grootste produsent, Saoedi-Arabië.

Saoedi-Arabië se drome tot ’n vermindering van olieproduksie om hul pryse, en dus winste, op te stoot, is deur ’n huiwerige Rusland verpletter. Rusland is nie lid van Opul nie, maar is die afgelope jare ’n vennoot van dié kartel.

Ná twee dae se vergaderings in Wene, Oostenryk, het Khalid Al-Falih, minister van energie in Saoedi-Arabië gesê hy twyfel of daar ’n ooreenkoms sal geskied wanneer Opul vir ’n laaste keer met sy vennote op Vrydag vergader.

Die voorstel is dat Opul en hul vennote altesaam 1 miljoen vate minder per dag produseer, maar “almal is nie gereed om ewe veel te sny nie,” sê Al-Falih.

Die versuim om ’n ooreenkoms te bereik, wys hoe Opul onder druk is deur nuwe faktore wat die wêreldoliemark herbalanseer.

“Rusland is nie gereed vir ’n groot opskorting nie.”

Die versuim om ’n ooreenkoms te bereik, wys hoe Opul onder druk is deur nuwe faktore wat die wêreldoliemark herbalanseer. Vir die eerste keer in 75 jaar het die VSA laasweek aangekondig dat hy ’n netto uitvoerder van olie geword het weens die enorme groei in skalie-olieproduksie. Met dié tendens is Opul toenemend afhanklik van Rusland om produksie te besnoei.

Sedert 2016, toe Saoedi-Arabië en Rusland se historiese vyandigheid tot niet gegaan het, het baie vir Opul verander. Die alliansie het getransformeer en is nou meer van ’n “duopolie” waar die Kremlin sy invloed beoefen.

Benewens sy interne geskille sit Opul met sterk teenstand van pres. Donald Trump van die VSA. Woensdag het Trump getwiet: “Die wêreld kort nie en wil nie hoër oliepryse hê nie!”

Na aanleiding van Donderdag se vergadering gaan Trump waarskynlik kry wat hy wou hê.

Opul vergader Vrydagoggend weer, eers net die lidlande en dan die ander vennote ook.

“Die risiko dat Opul en sy vennote nie ’n ooreenkoms kan bereik nie, was altyd baie hoog en dit sal die pryse nou aansienlik laer druk,” sê Amrita Sen, hoof-olie-ontleder by Energy Aspects Ltd.

“Daar is geen anker vir die mark nie.”

Bloomberg, verwerk

Wat dit vir jou beteken

Suid-Afrikaanse motoriste kan – deels danksy Opul en deels danksy die effens sterker rand – uitsien na die tweede groot daling in die petrolprys in twee maande.

Hoewel dit nog net die eerste week van die oorsigtydperk vir brandstofpryse vir Januarie is, is daar reeds ’n oorverhaling van byna R1,85 per liter op 95-oktaan-petrol van tussen R1,94 en R1,97 per liter op die prys van diesel. Die grootste rede vir die oorverhaling is die daling in internasionale oliepryse.

Dit kom nadat 95-oktaan-petrol Woensdag R1,84 per liter goedkoper geword het en diesel R1,45 of R1,47 per liter, na gelang van swaelinhoud.

Die brandstofpryse vir Januarie word eers oor drie weke, op 29 Desember, vasgepen en geld vanaf Woensdag 2 Januarie.

Meer oor:  Opul  |  Rusland  |  Olieprys  |  Olie  |  Petrolprys  |  Skalie  |  Saoedi-Arabië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.