Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Outa, vakbonde steun reddingsboei vir Eskom

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), asook vakbonde, steun die jongste reddingsboei aan Eskom, maar dring op streng voorwaardes aan.

Outa, die vakbondfederasie Cosatu en die vakbond NUM was van die organisasies wat Woensdag aan ’n openbare sitting oor die spesiale toedelingswetsontwerp deelgeneem het wat vanjaar en volgende jaar ’n ekstra R59 miljard uit staatsgeld aan Eskom toeken benewens die R23 miljard per jaar wat reeds in die begroting goedgekeur is.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, het in sy voorlegging gesê wat vir Cosatu ononderhandelbaar is, is dat geen werker by Eskom afgelê mag word nie.

Outa is nie teen die reddingsboei gekant nie, maar Suid-Afrika moet waarde vir geld daaruit kry, het Ronald Chauke, Outa se energie-adviseur, in die parlement gesê waar die staande en gekose komitees oor toedelings ’n openbare sitting gehou het.

Die geld moet slegs gebruik word om Eskom se skuld te verminder, het Outa gevra. Maar die voorwaardes moet strenger wees, moet openbaar gemaak word en daar moet gereeld verslag gedoen word aan die parlement oor die nakoming van die voorwaardes.

Outa het gekla oor Eskom se stygende bedryfskoste, en kragtariewe wat oor die afgelope dekade met 261% gestyg het teenoor inflasie van 58,5%.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu, het in sy voorlegging gesê wat vir Cosatu ononderhandelbaar is, is dat geen werker by Eskom afgelê mag word nie, en dat Eskom nie geprivatiseer word nie, maar ’n staatsbeheerde onderneming bly.

Hy het wel gevra die opgeblase bestuurstruktuur moet verklein word, en die buitensporige vergoedingspakkette vir senior bestuurders moet bevries en verklein word.

Cosatu dring ook aan op planne om te verseker alle agterstallige skuld van munisipaliteite word betaal. Alle betalings vir elektrisiteit behoort in ’n nasionale rekening inbetaal te word. Munisipale kragtariewe behoort hersien te word om vas te stel of dit wel regverdig is. Enige geldige munisipale koste kan vanuit die nasionale rekening aan munisipaliteite oorgedra word.

Cosatu meen ryk en groot kragverbruikers moet meer vir krag betaal gegrond op hul eiendomswaardes en maatskappywinste sodat dit vermorsing kan verminder, soortgelyk aan die watertariewe wat ingestel is tydens die Wes-Kaapse droogte.

Cosatu wil ook hê Eskom se kontrakte met onafhanklike kragprodusente moet aangepas word sodat die tariewe wat Eskom betaal meer bekostigbaar is. Kragtariewe behoort met inflasie verhoog te word, vra Cosatu.

Parks stel voor die regering belê in die bou van elektriese voertuie, en dat die plaaslike vervaardiging van sonpanele moet herleef. Fabrieke vir sonpanele moet gebou word in die omgewings waar steenkoolkragsentrales en myne gaan sluit, sodat die werkers heropgelei en na nuwe werkgeleenthede oorgeskuif kan word.

Meer oor:  Cosatu  |  Outa  |  Eskom  |  Spesiale Toedelingswetsontwerp  |  Reddingsboei  |  Vakbond  |  Openbare Sitting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.