Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Outa wil keer dat jou krag vanjaar duurder word

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) wil ter elfder ure probeer om ’n stokkie te steek voor die verhoging van munisipale kragtariewe op 1 Julie.

Outa wil probeer om ’n stokkie te steek voor planne om munisipale tariewe vir elektrisiteit op 1 Julie te verhoog. Foto: Bloomberg

Outa het Donderdag in ’n verklaring gesê gegewe die “rampspoedige” invloed wat die Covid-19-pandemie op die Suid-Afrikaanse ekonomie het, kan verbruikers nie hoër kragtariewe bekostig nie.

Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) het reeds op 9 Maart toestemming gegee dat Eskom sy tariewe gemiddeld met 8,76% verhoog, terwyl munisipaliteite 6,9% meer gaan betaal.

Munisipaliteite moet dan besluit wat die verhoging is wat hulle vir huishoudings gaan vra. Nersa se aanbeveling is dat munisipaliteite hul tariewe wat verbruikers betaal, met gemiddeld 6,24% verhoog.

Outa verduidelik die munisipale verhoging word bereken op die veronderstelling dat 74% van die munisipaliteit se elektrisiteitskoste uit sy grootmaataankope van elektrisiteit by Eskom kom en die res van die koste, wat salarisse, herstelwerk en instandhouding insluit, teen ’n laer persentasie sal styg as die styging in grootmaatelektrisiteit.

Outa maak sommer nou reeds voorbrand daarvoor dat die verhogings wat Nersa in 2021 toestaan laer moet wees.

“Die Covid-19-pandemie het pyn en lyding in Suid-Afrika veroorsaak. Dit sal ’n onregverdige terugslag vir Suid-Afrikaners wees om verdere verhogings in elektrisiteitspryse te absorbeer terwyl hulle die gevolge van die pandemie moet hanteer.

“Ons moes almal moes maar ’n mate van pyn namens Span Suid-Afrika aanvaar gedurende die pandemie, so Eskom moet die verliese absorbeer,” lui die verklaring.

Nersa het op 23 Maart ’n versoek om kommentaar op die voorgestelde munisipale tariewe gepubliseer. Enige kommentaar moet teen vandag (Donderdag 9 April) ingedien word.

Outa vra nou dat Suid-Afrikaners dringend sy versoekskrif onderteken om dié verhoging te keer.

Mense wat elektrisiteit regstreeks by Eskom koop, betaal reeds sedert 1 April meer vir krag.

Meer oor:  Nersa  |  Outa  |  Eskom  |  Covid-19  |  Kragtariewe  |  Elektrisiteit  |  Koronavirus  |  Krag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.