Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Parlement gooi soeklig op Medupi, Kusile

Die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gaan volgende week die Medupi- en Kusile-steenkoolkragstasie besoek.

Medupi is een van twee steenkoolkragstasies wat voltooiing nader. Foto: Lisa Hnatowicz

Die komitee wil self sien wat aangaan by die twee onvoltooide mega-projekte, wat hy sê grootliks bydra tot Suid-Afrika se voortdurende kragkrisis.

Die besoek kom te midde van toenemende bekommernis oor die kragstasies se swak ontwerp, beduidende vertragings in konstruksie en die enorme koste, terwyl dit eintlik veronderstel was om die kragkrisis te voorkom.

Die komitee, met Mkhuleko Hlengwa van die IVP as voorsitter, sê in ’n verklaring Vrydag dat die probleme by die twee kragstasies grootliks bydra tot beurtkrag en die verreikende gevolge wat dit op die ekonomie het.

“Die bou van die steenkoolkragstasies, wat reeds onderskeidelik in 2007 en 2008 begin het, gaan gebuk onder koste-oorskrydings, swak ontwerpe en bewerings van korrupsie,” sê die komitee.

In April het Jabu Mabuza, voorsitter en tans waarnemende uitvoerende hoof van Eskom, gesê dat konstruksie by Medupi en Kusile beslis voltooi sal word, omdat die koste om die projek nou te staak hoër sal wees as om deur te druk.

LEES OOK: Buig of bars, ons bou Kusile en Medupi klaar

Mabuza het toe beraam dat dit ’n bykomende R18 miljard sal kos om elk van die twee kragstasies te voltooi.

“Aanvanklik was die eerste eenheid van Medupi wat krag aan die kragnetwerk moet verskaf veronderstel om in 2012 voltooi te wees, en die oorblywende eenhede sou in 2015 klaar gewees het. Die geskatte voltooiingsdatum is nou 2021,” sê Skoor.

Vir Kusile was die aanvanklike voltooiingsdatum as 2014 aangegee, maar na verwagting sal dié kragstasie nou eers in 2022 klaar wees.

Skoor sal ná sy oorsigbesoek met Eskom se direksie vergader.

Die koste vir die twee kragstasies het reeds tot meer as R300 miljard gestyg, soos blyk uit syfers van die departement van openbare ondernemings.

Ná voltooiing sal die Medupi-kragstasie, wat by Lephalale in Limpopo geleë is, na verwagting uit ses eenhede bestaan, met ’n kapasiteit van 4 764 megawatt. Kusile, wat naby Witbank in Mpumalanga geleë is, sal ook ses eenhede hê, met ’n kapasiteit van 4 800 MW.

Fin24

Meer oor:  Eskom  |  Medupi  |  Kusile  |  Steenkoolkontrakte  |  Staatsondernemings  |  Krag  |  Kragstasies  |  Skoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.