Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Parys steeds in die donker

Parys in die Vrystaat is vir die derde agtereenvolgende dag sonder krag nadat ’n Eskom-substasie Dinsdagaand vlamgevat het.

Die kragverskaffer spook sedertdien om die skade aan die substasie en kragtoevoer na die dorp te herstel.

Die nodige materiaal om die skade te herstel, is eers laat Donderdagmiddag by die beskadigde substasie afgelewer, sê Eskom Vrydag in ’n verklaring.

Eskom het aanvanklik gehoop om die ligte weer Woensdagaand te laat brand, maar het gewaarsku herstelwerk kan dalk langer neem.

Die brand het glo ontstaan nadat ’n transformator begin lol het.

Die brand het Dinsdagaand omstreeks 20:30 ontstaan.

Eskom beskryf die skade as “omvangryk”.

“Komplekse herstelwerk soos hierdie kan tot onverwagte tegniese uitdagings lei,” sê Eskom.

Die kragverskaffer vra om verskoning aan die inwoners van Parys en beloof sy tegniese span werk onverpoos om die kragtoevoer te herstel.

Meer oor:  Eskom  |  Parys  |  Kragonderbreking  |  Substasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.