Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Kragdrempel tot 100 MW gelig

Pres. Cyril Ramaphosa het dalk so pas die einde van beurtkrag verseker.

Die drempel vir selfopwekking van krag sonder ’n lisensie vanaf die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) is amptelik van 1 megawatt (MW) tot 100 MW gelig.

Dit kom ná ’n vurige debat rondom die departement van minerale bronne en energie se aanvanklike hardkoppigheid om die drempel slegs tot 10 MW te lig, soos Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, verlede maand volgehou het al is wat nodig is.

Ramaphosa sê hy het geluister na die kenners en besluit om die drempel veel hoër te lig as waarvoor die voorstanders eens gehoop het.

Aanvanklik is in ’n studie deur Chris Yelland se EE Business Intelligence geraam deur die drempel tot slegs 50 MW te lig, sou die land tot 5 000 MW se opwekkingskapasiteit binne 12 tot 18 maande kon ontsluit.

Deur dit tot 100 MW te lig, soos Yelland aan Netwerk24 gesê het nóg beter sal wees, sal Suid-Afrika waarskynlik teen 2022 tot en met fase 6-beurtkrag kan vryspring.

Meer inligting volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.