Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Perk op brandstofprys word nog ondersoek

Die departement van energie ondersoek nog die moontlikheid om ’n perk op die petrolprys in te stel.

’n Aankondiging hieroor sal mettertyd gedoen word, het ’n woordvoerder van die departement aan Fin24 gesê.

Jeff Radebe, minister van energie, het die moontlikheid van ’n perk op die prys van loodvrye petrol reeds in Oktober geopper.

Só ’n perk sal motoriste teen stygende pryse beskerm. Ekonome is egter terselfdertyd bekommerd dat ’n perk die staat se finansies ’n ernstige knou kan gee, want dit sal gesubsidieer moet word.

petrol

Nuwe prysformule

Johannes Mokobane, woordvoerder van die departement, het Woensdag gesê gesprekke oor die haalbaarheid van ’n perk is reeds in ’n gevorderde stadium.

“Die departement het reeds gesprekke gehad met belanghebbendes wat teen einde Maart kommentaar ingestuur het.

“Die verslag word tans intern bespreek. Die departement sal ’n mediaverklaring uitreik sodra die interne konsultasieproses afgehandel is.”

Mokobane sê die regering oorweeg ook om die Padongelukkefonds van die petrolprys te ontknoop. Wetgewing oor dié vraagstuk word steeds bespreek.

Die sperdatum vir kommentaar hieroor was ook einde Maart.

“Die departement het begin met die proses om die formule waardeur die petrolprys bepaal word, te hersien. Die uitkoms van die hersiening sal die pad vorentoe bepaal.”

Die bevriesing van die petrolprys in September verlede jaar was ’n eenmalige ingryping deur die regering om die druk van vorige prysstygings op verbruikers te verlig.

Die petrolprys gaan waarskynlik weer in Mei styg, hoofsaaklik weens hoë internasionale brandstofpryse. – Fin24

Meer oor:  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.