Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Perk op petrolprys nog bekyk

Die ondersoek oor die lewensvatbaarheid van ’n perk op die petrolprys is nog nie afgehandel nie, sê Tseliso Maqubela, adjunkdirekteur-generaal vir petroleumprodukte en -regulasies.

 petrol
Ekonome waarsku 'n plafon op die petrolprys implliseer 'n subsidie wat die staat nie kan bekostig nie.

Maqubela het by navraag buite ’n vergadering van die parlementêre komitee oor energie gesê dat daar nog ’n maand is om insette vir die navorsingsproses te kry.

Volgens hom sal voorleggings nog tot einde Maart ontvang word.

Die regering het laat in 2018 begin om die haalbaarheid van ’n perk op die petrolprys te ondersoek toe die prys van petrol en diesel weer ’n hoogtepunt bereik het.

Sommige ekonome is egter krities daaroor weens die invloed wat dit op die staat se finansies gaan hê. – Fin24

Lees die oorspronklike berig hier.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.