Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol op, diesel af: Só staan sake nou vir Februarie

Petrol sal styg en diesel sal daal in Februarie, voorspel die Outomobiel-Assosiasie (AA).

Die petrolprys het in 2018 rekordhoogtes. Foto: Pixabay

Internasionale oliepryse het ’n effense plato bereik nadat dit in die eerste helfte van Januarie gestyg het, sê die AA in sy jongste oorsig oor brandstofsyfers.

“Die rand het oor dieselfde tydperk stelselmatig teen die dollar verstewig. Dit het die maand teen byna R14,50 teenoor die dollar begin en verhandel tans rondom R14, wat tot ’n mate die styging in die olieprys teenwerk.”

Die AA verwag petrol kan met sowat 8c per liter verhoog word, en diesel- en paraffienpryse kan met onderskeidelik sowat 3c en 9c verlaag word.

Die AA meen die rand se verstewiging teen die dollar hou nou al vir byna ’n maand aan, wat hopelik kan dui op ’n tydperk van groter stabiliteit vir die geldeenheid.

As internasionale oliepryse ook hul huidige neiging voortsit, kan Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers minder van die skerp wisselings in brandstofpryse ervaar wat in 2018 beleef is, meen die AA.

Die daling van dieselpryse in Februarie kan deels toegeskryf word aan seisoenale faktore in die Noordelike Halfrond. In Amerika en Europa neem die vraag na verhittingsolie tradisioneel skerp toe in die kouer winters.

Omdat verhittingsolie en diesel se pryse in die Noordelike Halfrond sterk korreleer, beteken die afname in vraag na verhittingsolie wanneer die winter aan die verbygaan is ook ’n gelyktydige afname in dieselpryse. Suid-Afrikaanse pryse word gegrond op die prys van brandstof in Singapoer, die Arabiese Golf en aan die Middellandse See.

Meer oor:  Aa  |  Diesel  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.