Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol, diesel gaan met byna R1 per liter styg

Jou sak gaan platter wees in Maart en April weens hoër brandstofpryse. Die prys vir Maart word enige dag vanaf Vrydag bekend gemaak.

Petrolpryse kan in Mei met sowat 60c per liter styg en dieselpryse met meer as 40c.

Die jongste onderverhaling – dus potensiële prysstyging – ten opsigte van petrol is gemiddeld 73c per liter en 92c per liter vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,005%, sê die AA.

“Die rand-dollarwisselkoers was in Februarie ietwat in Suid-Afrika se guns en het tot ’n besparing van tot 9c per liter gelei. Maar ongelukkig was dit nie genoeg om die baie groter uitwerking van stygende ruoliepryse teen te werk nie.”

Boonop styg tolgeld op 1 Maart en in April styg die algemene brandstofheffing met 15c per liter en die bydrae tot die Padongelukkefonds met 5c per liter.

Die nuwe koolstofbelasting tree in Junie in werking, wat die prys van petrol met 9c per liter en die prys van diesel met 10c per liter sal laat styg.

Die AA verwag die wêreldwye aanvraag na olie sal in die komende maande minder wees as wat geproduseer word vanweë die enorme produksie van skalie-olie in die VSA. Ondanks produksiebesnoeiings deur die Organisasie van Petroleumuitvoerlande verskaf dit steeds ’n oormaat olie aan wêreldmarkte.

Maar die AA waarsku dat enige geopolitieke skokke dié tendens kan omkeer. “Ons kan dus nie verdere prysstygings vanjaar uitsluit nie.”

Meer oor:  Aa  |  Diesel  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.