Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol duurder, diesel goedkoper in Desember

Mense met dieselbakkies en -motors kan in Desember glimlag, want die prys van diesel gaan volgende Woensdag daal. Petrol word egter duurder.

Daar is goeie nuus as jy ’n dieselbakkie ry. Foto: Pixabay

Volgens die jongste brandstofprysveranderings is die oorverhaling (dus daling) op diesel 23c per liter, maar die onderverhaling (dus styging) op petrol is 11c per liter.

Hierby moet die jaarlikse verhoging in die groot- en kleinhandelwinsgrense egter nog gevoeg word.

Volgens die Outomobiel-Assosiasie (AA) is die winsgrense op petrol verlede jaar met 7,7c per liter verhoog en op diesel met 4,59c per liter. As dieselfde bedrae vanjaar ingestel word, sal diesel 18c per liter goedkoper word en petrol 19c per liter duurder. Die finale syfers gaan na verwagting teen Maandag uitgereik word.

Die onder- en oorverhalings, voor die winsgrensaanpassings, is gegrond op die syfers van 1 November tot 28 November en tree op Woensdag 4 Desember in werking. 

Die rand-dollar-wisselkoers het van R15 teen die dollar teen 1 November tot R14,70 op 28 November verstewig, wat bygedra het tot die daling in die dieselprys en ’n minder skerp styging in die petrolprys.

Oor dieselfde tyd het Brent-ruoliepryse van $61 tot $63 per vat gestyg.

Dit blyk egter daar is tans internasionaal ’n effense ooraanbod van dieselvoorraad en traer vraag in aanloop tot die stiller noordelike wintervakansie, wat moontlik die laer dieselpryse kan verklaar.

“In die afwesigheid van enige onvoorsiene politieke of ekonomiese skokke, is ons versigtig optimisties oor brandstofprysstabiliteit in 2020,” het die AA in ’n verklaring gesê.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.