Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol kan in Februarie met 16c daal
Die prys van brandstof kan daal in Februarie. Foto: Unsplash

Petrol- en dieselpryse kan in Februarie met onderskeidelik 16c en 9c per liter daal as die huidige oorverhaling op brandstofpryse vir die res van die week volgehou word.

Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds is daar sedert 27 Desember ’n gemiddelde oorverhaling van 13c per liter op petrol. Maar die oorverhaling op Maandag 27 Januarie het op 43c per liter gestaan, wat beteken dat as dié syfer dieselfde bly tot Donderdag, sal die gemiddelde oorverhaling vir die hele oorsigtydperk van 27 Desember tot 30 Januarie op byna 17c te staan kom.

Dit is die bedrag wat die departement van energie gebruik om te bepaal met hoeveel kleinhandelspetrolpryse op die eerste Woensdag van Februarie dan verlaag moet word.

As dit ’n oorverhaling is, beteken dit dat brandstofmaatskappye motoriste te veel vra vir petrol en die prys sal in die volgende maand moet daal. As daar ’n onderverhaling is, beteken dit dat die brandstofmaatskappye te min vir petrol vra en sal die prys in die volgende maand moet styg.

Volgens Fin24 het die Outomobiel-assosiasie van Suid-Afrika (AA) Dinsdag gesê die olieprys, wat nou al vir die tweede week daal, teen Februarie tot ’n waarskynlike blaaskans vir motoriste by die vulstasie sal bydra.

“Stygende spanning tussen Amerika en Iran in die eerste paar dae van 2020 het tot ’n skerp styging in die internasionale oliepryse gelei. Die olieprys het egter teruggekeer tot vlakke wat ons kon verwag het as die spanning tussen Amerika en Iran nooit opgevlam het nie,” het die AA in ’n verklaring gesê.

Bloomberg-syfers wys Brent-ruolie het van $68 per vat teen einde Desember tot $58 per vat – ’n hele $10 per vat oor die afgelope maand – geval.

Brandstofpryse sou egter nog verder kon daal as dit nie vir die verswakkende rand was nie. Die rand het oor dieselfde periode van so sterk as R14 teen die dollar tot R14,69 verswak. Hoe swakker die rand, hoe meer moet plaaslike brandstofmaatskappye uithaal om dieselfde hoeveelheid ruolie of klaar geraffineerde brandstof van die buiteland te koop.

Die volgende prysaanpassing vir die plaaslike brandstofpryse is op Woensdag 5 Februarie.

*Die regering kry nie méér belastinginkomste elke keer wanneer die brandstofpryse styg nie. Die belasting op brandstof is ’n vaste bedrag in rand per liter, wat net een keer per jaar in April verhoog word, en dus deurentyd dieselfde bly vir die res van die jaar, ongeag die kleinhandelsprys van petrol of die groothandelsprys van diesel. Diesel se kleinhandelsprys word nie gereguleer nie.

Meer oor:  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.