Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol meer as R1 duurder net ná Paasnaweek

Mense wat oor Paasnaweek ’n bietjie wil wegbreek, kan hul sterre dank dat die petrolprys vir April eers die Woensdag ná die langnaweek styg.

Staal jou vir 'n groot styging in die prys van brandstof weens die hoër olieprys asook nuwe heffings.

Die verwagte styging vir alle grade petrol is meer as ’n rand per liter, terwyl dit ook vir diesel baie na aan ’n rand per liter lyk.

Volgens die daaglikse syfers wat die Sentrale Energiefonds uitreik, is die onderverhaling op 95-oktaan 90c per liter en op 93-oktaan 87c per liter. Daarby moet egter gevoeg word die altesame 27c waarmee heffings en belastings styg – 15c vir die algemene brandstofheffing, 11c vir die Padongelukkefondsheffing en 1c vir die koolstofbelasting.

Dit bring die totale styging op R1,17 vir 95-oktaan en op R1,14 vir 93-oktaan te staan indien die prys vandag vasgestel moes word.

Vir diesel is die onderverhaling 66c per liter op diesel met ’n swaelinhoud van 0,05% en 65c vir 0,005% swael. Daarby moet 27c per liter ook gevoeg word, wat die totale styging op 93c en 92c per liter onderskeidelik te staan bring indien die prys vandag vasgestel moes word. Vir diesel is dit die groothandelprys aangesien die kleinhandelprys van diesel nie gereguleer word nie.

Natuurlik is dit net middel-van-die-maand-syfers. Na gelang van wat die rand en internasionale oliepryse van nou tot 1 April doen, sal die verhoging in brandstofpryse groter of kleiner wees.

Weens opeenvolgende stygings in brandstofpryse is daar ook ’n risiko dat die Sentrale Energiefonds genoop gaan word om ’n tydelike balansfondsheffing (slate levy) op brandstofpryse in te stel. Die balansfonds is die bedrag waaruit brandstofmaatskappye vergoed word indien die brandstof wat hulle invoer in ’n maand duurder word terwyl pryse reeds op laer vlakke vasgestel is.

Die laaste keer toe die petrolprys met meer as ’n rand per liter gestyg het, was in Julie 2020 toe petrol met R1,72 duurder geword het en diesel met R1,73.

April se verwagte styging is die vierde agtereenvolgende styging. Brandstof het dus nog nie een keer vanjaar goedkoper geword nie.

Die rede daarvoor is die styging in internasionale brandstofpryse weens die styging in oliepryse. Dit word grootliks aan die heropening van ekonomieë ná die tweede vlaag Covid-19-infeksies toegeskryf.

Brent-ruolie het sedert begin 2021 al 36,5% duurder geword. Net in die eerste paar weke van die oorsigtydperk vir April se brandstofpryse, dus vanaf 26 Februarie, het Brent 7,3% duurder geword. Dit het bo $70 per vat gaan draai en kos nou nagenoeg $69 per vat.

Die rand-dollar-wisselkoers help Suid-Afrikaners ook nie juis op die oomblik nie. Hoewel die rand effens versterk het die afgelope twee weke, tot R14,94 teenoor die dollar, is dit aansienlik swakker as in die vorige oorsigtydperk waarmee dit vergelyk word. Toe was dit R14,76.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Energie  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.