Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrol: Spaar jy regtig as jy vanaand gaan volmaak?

Jy weet dit nou reeds: Petrol word om middernag met R1 per liter duurder en diesel met R1,24 per liter.

Tyd om vol te maak as jy ’n paar rand wil bespaar. Foto: Pixabay

Nou is dit groot vraag: Moet jy vanaand ná aandete spesiaal vulstasie toe ry en saam met ander motoriste tou staan om jou tenk tot oorlopens toe vol te maak of kan jy maar jou skoene uitskop en Netwerk24 lees?

Die Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW) het gaan sit en doen wat hulle die beste doen: sommetjies maak.

En volgens dié sommetjies gaan jy wel (eenmalig) genoeg geld vir ’n hele paar cappuccino’s spaar as jy vanaand gaan volmaak – veral as jy ry na ’n vulstasie naby jou huis of, selfs beter, volmaak op pad huis toe en dus nie ’n ompad ry net vir brandstof nie.

Volgens die VAW se berekeninge spaar motoriste indien die brandstofprys met minstens 57c per liter styg en motoriste naby ’n vulstasie bly of petrol ingooi onderweg huis of werk toe.

“Tydens ’n normale styging van tussen 15c en 45c per liter kan verbruikers selfs geld verloor indien hulle spesiaal ry om hul tenk vol te maak die aand voor die petrolprys styg,” sê Johan Koekemoer, wiskundige verbonde aan die VAW .

Lees ook: 8 (nuwe) wenke om petrol te bespaar

Die VAW se berekeninge dui op die volgende:

  • Indien die bestuurder van ’n Chevy Spark, met ’n tenk van 40 liter, sy tenk die dag voor die styging vanaf dolleeg volmaak en geen ekstra kilometers na die petrolstasie ry nie, spaar die motoris R40.
  • Indien die motoris 5 km na die pomp ry voordat hy volmaak, spaar hy nagenoeg R26. “Dit is minder as 5% van die bedrag wat dit die motoris sal kos om sy tenk vol te maak.”
  • Die bestuurder van ’n Land Cruiser, met ’n tenk van 90 liter, spaar R90 indien sy tenk leeg is en hy geen ekstra petrol uitry om sy voertuig vol te maak nie.

Netwerk24 het Maandag berig motoriste moet in Oktober tussen 6% (binneland) en 6,5% (kus) meer vir petrol begroot en tussen 8,6% (binneland) en 9% (kus) meer vir diesel. Dis nou as hulle dieselfde afstand gaan ry in Oktober as in September en nie dalk die langpad gevat het oor die skoolvakansie nie.

Anders gestel, as jy elke maand 200 liter brandstof gebruik – min of meer wat jy nodig het om elke dag 20 km werk toe en terug te ry – gaan jy R200 meer in jou begroting moet vind vir petrol, of R248 meer vir diesel.

Die styging in die brandstofpryse is deel van ’n bose siklus. Dit kan die prys van alle produkte - van kos tot motors – opdruk omdat padvervoer die manier is waardeur dié produkte op winkelrakke of in vertoonlokale kom.

Dit laat die algemene inflasiekoers styg, wat op sy beurt kan meebring dat die Reserwebank vroeër eerder as later die rentekoers verhoog.

Sommige ontleders verwag dat die rentekoers reeds in November gaan styg.

Meer oor:  Jeff Radebe  |  Olie  |  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Petrol  |  Brent-Ruolie  |  Brandstof  |  Sentrale Energiefonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.