Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Hier is Julie se finale petrolprys

Die petrol- én dieselprys gaan op Woensdag 3 Julie vir die eerste keer in ses maande daal.

Só lyk die finale prys wat die Sentrale Energiefonds Vrydagaand bekend gemaak het:

  • 95-oktaan-petrol word 95c per liter goedkoper.
  • 93-oktaan word 96c per liter goedkoper.
  • Die groothandelprys van diesel met 0,05% swael daal met 74,78c per liter.
  • Die groothandelprys van diesel met 0,005% swael daal met 75,78c per liter.
  • Paraffien word 76c per liter goedkoper.
  • Gas word R1,33 per kilogram goedkoper.

Die Slate-heffing word verminder van 13c tot 4,38c per liter.

Petrol kos vanaf Woensdag byna 'n rand goedkoper.

Die daling beteken dat motoriste in Julie – na gelang van hoeveel petrol of diesel hulle in ’n maand gebruik – ’n hele paar rand aan brandstof gaan bespaar.

Vir elke 100 liter 95-oktaan wat jy gebruik, sal jy R95 kan bespaar, en vir elke 100 liter diesel (0,005%) R75,78. Dit hang ook daarvan af of vulstasies die volle daling in die groothandelprys van diesel aan verbruikers deurgee; die kleinhandelprys van petrol word gereguleer, maar nie van diesel nie.

Die oorverhalings kom danksy ’n daling in internasionale brandstofpryse die afgelope vier weke vergeleke met die vorige maand. Die oorverhaling is effens minder nadat oliepryse die afgelope twee weke weer begin styg het.

Die sterker rand van die afgelope week was nie genoeg om tot die oorverhaling by te dra nie. Die rand verminder die oorverhaling nou met sowat 10c of 11c per liter.

Wat die vooruitsig vir die volgende paar maande betref, is daar kommer oor die vergadering op 1 Julie van die Organisasie vir Petroleumuitvoerlande, waar hulle oor hul produksieteikens gaan praat.

Wat is die Slate-heffing?

Brandstofpryse in Suid-Afrika word een keer per maand vasgestel, maar brandstofmaatskappye voer daagliks brandstof teen wisselende pryse in.

As hulle op die ope mark méér vir brandstof moet betaal as wat hulle plaaslik verdien, kan hulle aan die einde van die maand ’n eis teen die balansheffingsrekening (oftewel die Slate-fonds) instel om hulle hiervoor te vergoed.

As hulle minder betaal as wat hulle verdien, moet hulle die verskil dan aan die rekening terugbetaal.

As brandstofpryse lank aanhou styg, beteken dit die Slate-heffingsrekening moet meer geld uitbetaal as wat inkom. As dit R250 miljoen oortrokke is, word ’n Slate-heffing oorweeg.

Die Slate-heffing van 13c per liter wat in Junie ingestel is, was die tweede in minder as ’n jaar nadat ’n heffing van 21,92c per liter in November ingestel is. Dié heffing het net twee maande gegeld. 

Die Sentrale Energiefonds sê daar is steeds ’n negatiewe balans van R469 miljoen wat die heffing noodsaak. 

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Sentrale Energiefonds  |  Rand  |  Koolstoftaks  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Dollar  |  Koolstofbelasting  |  Diesel  |  Slate-Heffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.