Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys daal in Maart ondanks swak rand
Verligting by die pompe is dalk van korte duur. Foto: Getty Images

Die finale brandstofpryse is amptelik bekend gemaak en motoriste kan darem ’n sug van verligting slaak, al het die rand verswak.

Die departement van minerale bronne en energie het bevestig dat petrol van Woensdag af met 19c goedkoper gaan word, terwyl die oorverhaling op diesel ietwat verswak het, wat beteken dat diesel nou 54c goedkoper word.

Diesel met ’n swaelinhoud van 0,005% sal in Maart R14,08 per liter kos, terwyl 93-oktaan-petrol in die binneland R15,52 sal wees. Die prys van 95-oktaan-petrol sal aan die kus R15,20 en in die binneland R15,84 kos.

Goedkoper brandstof is wel nie voortaan verseker nie.

Die rand dobber tans om en by R15,50 per dollar wat aansienlik swakker as in Februarie was. Dit sal ’n groot uitwerking hê op April se brandstofpryse indien die wisselkoers nie verbeter nie.

Jan Taks gaan egter in April óók toeslaan. Die algemene brandstofheffing styg met 16c per liter en die Padongelukkefonds met 9c per liter, soos in die pas afgelope begrotingsoorsig aangekondig is. Dié totale 25c per liter moet by enige maandelikse onderverhaling getel word of van ’n oorverhaling afgetrek word.

’n Groot styging in die prys van brandstof is dus heel moontlik Suid-Afrikaners se voorland.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, sê Vrydagaand in ’n verklaring die oorverhaling op brandstof in Februarie is hoofsaaklik te wyte aan die tuimelende olieprys weens die voortdurende verspreiding van die Covid-19-virus en die enorme impak daarvan op ekonomiese aktiwiteite wêreldwyd.

Die Sentrale Energiefonds (SEF) se data wys dat die impak van laer internasionale oliepryse tot ’n oorverhaling van 48c op petrol in Februarie gelei het. As dit dus nie was vir hoe die rand-dollar-wisselkoers agteruitgeboer het in dieselfde tydperk nie, sou motoriste heelwat meer verligting by die pompe kon verwag.

Ongelukkig het die rand in Februarie van ’n gemiddelde R14,32 met sowat 5% tot R14,97 verswak.

Dié swakker rand het dus op sy eie weer petrol en diesel 29c duurder gemaak en baie van die positiewe invloed van die laer oliepryse uitkanselleer.

Maart se daling in pryse is slegs die tweede maandelikse daling in die groothandelprys van diesel, wat in Februarie net 5c per liter goedkoper geword het. Dit bring die totale daling vir diesel op 50c per liter vir 2020 te staan (ingesluit die styging van 9c in Januarie, die daling van 5c in Februarie en Maart se 54c).

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Petrolprys  |  Brandstofprys  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.