Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Gee gas! Hier is die nuwe brandstofpryse

Alle soorte brandstof word volgende week goedkoper, maar die grootste wenners is mense wat met gas kosmaak.

Dis die eerste keer in 2021 dat die prys van alle brandstowwe daal. Die nuwe pryse word op Woensdag 5 Mei van krag.

Die departement van energie het die finale pryse Saterdag bekend gemaak. Die dalings lyk as volg:

  • Petrol (alle grade): 9c per liter
  • Diesel (0,05% swael): 31c per liter
  • Diesel (0,005% swael): 30c per liter
  • Paraffien: 30c per liter
  • Gas: R1,72 per kilogram

Die dalings bring die prys van 95-oktaan-petrol in Gauteng op R17,23 per liter te staan en aan die kus op R16,51.

Diesel (0,05%) se groothandelprys daal tot R14,47 per liter in Gauteng en tot R13,85 aan die kus. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.

Paraffien sal onderskeidelik R8,58 of R7,76 per liter kos en gas R28,64 of R26,28 per kilogram.

Brandstofpryse daal deur die bank in Mei.

Die daling in die dieselprys is soortgelyk aan wat in die middel van die maand reeds sigbaar was, maar toe was daar nog ’n kans dat petrol effens duurder sou word.

Dis die eerste keer in ses maande dat diesel goedkoper word.

Diesel is steeds R2,21 per liter duurder as wat dit in November was. Die besparing op ’n tenk van 50 liter vergeleke met April beloop nou kwalik R15,50 - minder as die prys van ’n brood.

Dis die eerste keer vanjaar dat petrol goedkoper word. Sedert Januarie het 95-oktaan-petrol in Gauteng R2,37 per liter duurder geword.

Die grootste rede vir die dalings is die sterker rand. Die gemiddelde waarde van die rand vir die oorsigmaand was R14,45 per dollar, teenoor R14,98 in die vorige oorsigmaand.

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.