Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys gaan jou liter melk of brood kos

Petrol gaan volgende Woensdag na verwagting tussen 23c en 26c per liter duurder word en diesel met 28c per liter. ’n Hele 25c van daardie styging is omdat die rand die afgelope vyf weke verswak het.

Die swakker rand beteken pyn by die pomp - vir die sesde maand in ’n ry.

Volgens die nuutste inligting van die Sentrale Energiefonds gaan paraffien ook 17c per liter duurder word.

Die finale syfers word na verwagting Vrydag uitgereik en kan selfs hoër wees indien die regering kleinhandelwinsgrense dié maand aanpas.

Indien die styging van die petrolprys 26c per liter beloop, beteken dit motoriste het R13 méér nodig om ’n tenk van 50 liter vol te maak. Dit is min of meer die prys van ’n bruinbrood of ’n liter melk.

Dit sal die sesde agtereenvolgende styging in brandstofpryse wees en sal die totale styging vir dié tyd op tussen R2,43 per liter (vir 95-oktaan-petrol aan die kus) en R2,98 per liter (vir diesel in die binneland) te staan bring.

Volgens die Outomobiel-Assosiasie (AA) was internasionale ruoliepryse die afgelope maand byna onveranderd.

Die stygings sal beteken selfs 93-oktaan-petrol sal in die binneland meer as R16 per liter kos. Aan die kus bly petrol van alle grade steeds net-net onder R16 per liter.

Petrol is nou al die afgelope maande die duurste wat dit nóg was.

Die AA sê die vooruitsig vir die res van die jaar lyk ook maar mistroostig vir gewone motoriste. Dit lyk asof oliepryse kan styg en die rand bly onder druk: “ ’n Terugkeer na goedkoper brandstof lyk onwaarskynlik en verbruikers sal gedwing word om aan te hou bespaar.”

Meer oor:  Aa  |  Ruolie  |  Olieprys  |  Sentrale Energiefonds  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.