Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys in Junie: Koolstof-kinkel in die kabel

Die kans dat petrol in Junie  goedkoper gaan word, is baie skraal. En jy moet maar die tesourie die skuld gee.

Tito Mboweni, minister van finansies, het in Februarie in sy begrotingsrede aangekondig dat die koolstofbelasting op 5 Junie by brandstofpryse gevoeg word. Dit gaan 9c per liter petrol en 10c per liter diesel beloop. Geen dieselrabat sal hierteen geëis kan word nie.

Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
Die prys van petrol styg waarskynlik wéér in Junie. Foto: Getty Images

Die 9c of 10c moet dus by die gewone maandelikse oor- of onderverhaling getel word.

Teen Donderdag was daar ’n oorverhaling van byna 7c per liter 95-oktaan-petrol. ’n Oorverhaling dui op ’n moontlike daling. Maar met die koolstofbelasting bygereken, beteken dit petrol kan met 2c per liter duurder word indien alles tot volgende Donderdag - die laaste dag van die oorsigmaand vir Junie - onveranderd bly.

Die oor- of onderverhaling word deur die rand-dollar-wisselkoers en internasionale brandstofpryse bepaal.

Die oorverhaling op 93-oktaan-petrol beloop byna 9c per liter, wat beteken die prys van 93-oktaan gaan dalk onveranderd bly.

Daar was nog heelmaand lank ’n onderverhaling op diesel. Dit het teen Donderdag tusssen 14c en 15c per liter beloop. Met die 10c koolstofbelasting aangehaak, beteken dit diesel kan met tot 25c per liter duurder word.

Die koolstofbelasting is alom uit berekeninge gelaat - deur talle ekonome wat na ’n verwagte daling in die petrolprys verwys, die Outomobiel-Assosiasie in sy vooruitskattings, en helaas ook deur Netwerk24 in vorige berigte oor die onderwerp.

Die pryse vir Junie kan teen Vrydag 31 Mei aangekondig word en geld vanaf Woensdag 5 Junie.

As petrol wel duurder word, sal dit vir die vyfde maand in ’n ry wees.

Meer oor:  Olieprys  |  Sentrale Energiefonds  |  Brandstofpryse  |  Koolstofbelasting  |  Energie  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.