Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Is nog goeie nuus in November op pad?

Hou maar duim vas: Daar is ’n kans dat die petrolprys in November vir die tweede opeenvolgende maand kan daal en die dieselprys vir die derde opeenvolgende maand.

As die skerp styging in die olieprys die afgelope paar dae egter voortduur, sal die situasie teen die einde van Oktober dalk anders daar uitsien.

Teen Donderdagoggend was die oorverhaling op 95-oktaan-petrol nagenoeg 17c per liter en op 93-oktaan 14c per liter. Dis met hoeveel die prys sou daal indien dit vandag vasgestel sou word. Foto: Pixabay

Teen Donderdagoggend was die oorverhaling op 95-oktaan-petrol nagenoeg 17c per liter en op 93-oktaan 14c per liter. Dis met hoeveel die prys sou daal indien dit vandag vasgestel sou word.

Die oorverhaling op 95-oktaan het die afgelope week reeds met 13c per liter verminder weens die styging in die prys van petroleumprodukte op die internasionale mark.

Wat diesel betref, is die oorverhaling nou nagenoeg 20c per liter vir sowel diesel met 0,05% as 0,005% swael. Die oorverhaling het ook skerp gekrimp die week – as die prys verlede week gelede vasgestel kon word, sou die daling 47c per liter méér gewees het.

Nagenoeg 5c per liter van die oorverhaling kom tans van die effense versterking in die waarde van die rand, wat teen Donderdagoggend R16,56 teenoor die dollar gestaan het.

Die styging in oliepryse die afgelope week word onder meer toegeskryf aan ’n skerper as verwagte daling in Amerikaanse ruolievoorrade en ’n styging in die vraag na brandstof vanuit veral China en Indië, berig Bloomberg.

Die vraag na olie kan egter opnuut gekniehalter word deur strenger inperkingsmaatreëls wat in die hele Europa ingestel word soos lande worstel om ’n tweede vlaag Covid-19-infeksies te beheer. Ook die VSA sukkel met ’n skerp styging in nuwe gevalle.

Die oorsigmaand vir November se brandstofpryse duur nog twee weke, tot 29 Oktober, en die pryse word op Woensdag 4 November van krag.

  • 95-oktaan het in Oktober 32c per liter goedkoper geword en 93-oktaan 23c. Dis op die prys wat motoriste by vulstasies betaal. In Gauteng kos 95-oktaan nou R14,86 per liter en aan die kus R14,16.
  • Diesel met 0,05% swael het in Oktober 90c per liter goedkoper geword en met 0,005% swael 93c. Dis op die groothandelprys, aangesien die prys wat diesel by vulstasies kos, nie gereguleer word nie. In Gauteng kos diesel op groothandelvlak nou R12,38 per liter en aan die kus R11,77.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) het in reaksie op die syfers gesê dit wil voorkom asof die wêreld se oliemarkte stabiliseer ná die wisselvalligheid wat die Covid-19-krisis meegebring het. “Ons hoop dié tendense word tot maandeinde gekonsolideer, en dat dit broodnodige verligting aan brandstofgebruikers landwyd sal bring.”

Meer oor:  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Brandstof  |  Diesel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.