Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Jammer, dis geen grap vir Gekkedag!

Dis amptelik – en dis geen Gekkedaggrap nie: Petrol word R1 per liter duurder.

Die Sentral Energiefonds het Donderdagaand die finale stygings vir April aangekondig. Dit word op Woensdag 7 April van krag.

Die stygings is betreklik ingewikkeld omdat vervoerkoste aangepas word. Dit verskil dus in die binneland en aan die kus. Dit lyk as volg:

  • 95-oktaan-petrol: Styg met R1 per liter in Gauteng en 99c per liter aan die kus.
  • 93-oktaan-petrol: Styg met 95c per liter in Gauteng en 94c per liter aan die kus.
  • Diesel met 0,05% swael: Styg met sowat 65c per liter in Gauteng en 64c per liter aan die kus.
  • Diesel met 0,005% swael: Styg met sowat 63c per liter in Gauteng en 62c per liter aan die kus.
  • Paraffien: Styg met 35c per liter.
  • Gas: Styg met 48c per kilogram.

Die pryse vir diesel is die groothandelprys, aangesien die kleinhandelprys nie gereguleer word nie. Die ander pryse is die stygings wat gewone verbruikers betaal. In die binneland wissel stygings na gelang van hoe ver die brandstof per pypleiding vervoer moet word.

Netwerk24 het vroeër bereken met R500 se petrol sal jy nou 288 km ver kan ry teen ’n brandstofverbruik van 10 km per liter, waar jy ’n jaar gelede 358 km ver sou kon ry met R500 se petrol.

Teenoor ’n jaar gelede sal ’n tenk van 50 liter jou nou ’n hele R168 meer uit die sak jaag.

Die skerp verhoging volg op ’n reeds kwaai verhoging in Maart van 65c per liter.

Die grootste rede vir die styging is duurder internasionale brandstof in dollar, maar die swakker rand het ook sowat 10c tot die styging bygedra. Die rand het van gemiddeld R14,76 per dollar tot R14,98 verswak.

27c van die styging is egter weens die verhogings in heffings en belastings. Die algemene brandstofheffing styg met 15c per liter, die Padongelukkefonds met 11c en die koolstofbelasting met 1c.

Rekordvlakke

Die verwagte verhoging in April sal petrolpryse in Gauteng op R17,32 te staan bring, en dié aan die kus op R16,61 – die hoogste vlakke nog vir brandstofpryse in Suid-Afrika. Dit sal diesel se groothandelprys tot R14,78 opstoot in Gauteng, en tot R14,16 aan die kus.

Petrol was laas in Junie 2019 amper so duur toe dit in Gauteng R16,76 per liter gekos het en aan die kus R16,12.

In Mei 2020 was petrolpryse in Suid-Afrika so laag as R12,22 in Gauteng en R11,52 aan die kus. Diesel se groothandelpryse was toe R11,08 in Gauteng en R10,48 aan die kus.

Staal jou vir die duurste brandstof nóg. Foto: Argief

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Energie  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.