Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Liefde by die pomp kom in Maart

Daar is liefde in die lug en vir motoriste gaan dit dalk tot in Maart duur.

petrol, spaar, spaarwenke
Indien petrol in Maart daal, sal dit vir die derde opeenvolgende maand wees. Vir diesel sal dit die tweede maand wees. Grafika: iStock

Volgens die syfers net mooi in die middel van die oorsigmaand vir Maart se brandstofpryse lyk dit asof petrol, diesel en paraffien alles in dié maand goedkoper gaan word.

In dié stadium is daar ’n oorverhaling van 25c per liter 95-oktaan-petrol, van 14c per liter op 93-oktaan en van tussen 54c en 55c per liter op die groothandelprys van diesel.

’n Oorverhaling is met hoeveel brandstof goedkoper sou word indien pryse nou vasgestel word. Daar bly egter nog twee weke oor voordat Maart se pryse vasgestel word. In dié twee weke kan daar nog baie op motoriste se hartsnare getokkel word.

Die belangrikste rede vir die oorverhaling is die laer internasionale brandstofpryse in dollar.

Dis egter teengewerk deur ’n swakker rand. Sedert 31 Januarie, toe die oorsigmaand vir Maart begin het, boer die rand gereeld swakker as R15 per dollar. Dit word toegeskryf aan vrese oor die virussiekte Covid-19 wat beleggers na sogenaamde veilige hawens – soos die dollar en goud – laat uitwyk.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) waarsku egter dat die rand verder kan verswak oor die volgende twee weke, wat kan wegvreet aan die daling, veral as internasionale oliepryse boonop styg.


Indien petrol in Maart daal, sal dit vir die derde opeenvolgende maand wees. Vir diesel sal dit die tweede maand wees.

Meer oor:  Olieprys  |  Rand  |  Petrolprys  |  Dollar  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.