Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys-partytjie dalk van korte duur
’n Aardgastenkskip word met vloeibare aardgas in die Ras Laffan-hawe in Katar gevul. Katar het Maandag aangekondig dat hy die Organisasie van Petroleumuitvoerlande gaan verlaat.

Die daling in Suid-Afrikaanse brandstofpryse in Desember is straks net ’n tydelike gelukkie.

Oliepryse het Maandag met 5% gestyg in reaksie op die ooreenkoms tussen Amerika en China om hoër Amerikaanse invoertariewe teen $200 miljard se Chinese produkte eers op die lange baan geskuif word.

Minder spanning tussen die twee ekonomiese reuse beteken meer geleentheid vir ekonomiese aktiwiteite, wat die vraag na olie sal laat styg.

Verder het die Kanadese provinsie Alberta besluit om olieproduksie met 325 000 vate per dag te sny, en Rusland en Saoedi-Arabië het die naweek ooreengekom om nouer saam te werk om olieproduksie te sny sodat die pryse kan herstel. Dit het die optimisme laat opvlam dat die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) vandeesweek op sy vergadering in Wene, Oostenryk, ’n meer formele ooreenkoms oor produksieperke kan bereik.

Skerpste stygings en dalings sedert 2008
  • Die verlaging van R1,84 per liter in petrolpryse Woensdag is die grootste verlaging die afgelope dekade.
  • Die vorige groot verlaging was presies tien jaar gelede in Desember 2008 toe 95-oktaan petrol in Gauteng met R1,61 tot R7,35 per liter verlaag is.
  • ’n Ander groot verlaging was in Januarie 2015 toe petrol met R1,23 per liter tot R11,29 verlaag is
  • Die skerpste verhoging nog was in April 2015 toe die prys met R1,62 van R11,27 tot R12,89 verhoog is.

Brent ruoliepryse in Londen was Maandag 4,59% hoër op $62,19 per vat. Dit het die afgelope maand stelselmatig van meer as $70 per vat tot onder $60 gedaal.

Al wat die oliepryse effens laat retireer het, was Katar se verrassende aankondiging dat hy hom aan Opul wil onttrek om op aardgas te fokus.

Alberta is die grootste olieproduserende provinsie in Kanada, en sy besluit om produksie te sny het kommer laat kwyn dat ’n ooraanbod van olie ’n demper op oliepryse hou. Die hoeveelheid olie wat Alberta minder sal produseer is gelyk aan die totale produksie van Opul se drie kleinste lidlande – Gaboen, die Republiek van die Kongo en Ekwatoriaal-Guinee.

Katar se energieminister het op sy beurt gesê Katar gaan in Januarie die Opul-oliekartel verlaat. Katar het in Oktober minder as 2% van Opul se totale olieproduksie gelewer.

Petrolpryse word Woensdag in Suid-Afrika met R1,84 per liter verlaag. Maar as oliepryse herstel, kan pryse in die begin van 2019 weer styg.

petrolprys

    Meer oor:  Opul  |  Ruolie  |  Rand  |  Petrolprys
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.