Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys kan meer as 40c volgende week styg

Die petrolprys kan dalk in die eerste week van Januarie met meer styg as wat aanvanklik verwag is, te oordeel na die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds (SEF).

Die SEF reik daagliks inligting uit wat ’n aanduiding gee van wat moontlik met brandstofpryse op die eerste Woensdag van die daaropvolgende maand kan gebeur.

Die jongste syfers is Vrydag uitgereik en dit toon die petrolprys (vir 95-oktaan en 93-oktaan) kan moontlik met onderskeidelik 40c en 43c per liter styg.

Die groothandelprys van diesel (met 'n swawelinhoud van 0,05% en 0,005%) kan met onderskeidelik 55c en 54c per liter styg.

Paraffien se prys kan met 55c per liter styg.

Dié syfers is die onderverhaling wat die SEF tans toon, gegrond op die beweging in internasionale ruoliepryse en die rand-dollar-wisselkoers sedert 27 November toe die aankondiging oor die brandstofprysveranderings vir Desember uitgereik is.

Die rand het sedert begin Desember heelwat versterk teenoor die dollar. Toe Netwerk24 middel Desember daaroor berig het, was die wisselkoers R15 vir ’n dollar. Dit is nou R14,59.

Ruoliepryse het egter van begin Desember af gestyg. Die prys van Brent-ruolie het van $47 per vat tot $50,61 gestyg.

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Rand  |  Petrolprys  |  Dollar  |  Brandstof  |  Olieprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.