Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Slegte nuus lê dalk in 2020 voor

Die prys van ruolie gaan dalk in Desember met die meeste in een maand styg in byna ’n jaar. Ontleders reken ook die olieprys gaan begin 2020 verder styg, wat slegte nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste voorspel.

Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
Die prys van petrol styg wéér in Junie. Foto: Getty Images

Dié met petrolmotors kan nietemin steeds uitsien na ’n daling van nagenoeg 20c per liter in die petrolprys op Woensdag 1 Januarie. Dis grootliks danksy die sterker rand.

Diesel gaan in Januarie met nagenoeg 9c per liter duurder word, volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds.

Die finale brandstofpryse word vroeg volgende week verwag. Die twee belangrikste faktore wat plaaslike brandstofpryse bepaal, is die prys waarteen petroleumprodukte op oorsese markte aangekoop word en die rand-dollar-wisselkoers.

Brent-ruolie – die grondslag vir Suid-Afrikaanse petrol – het teen Donderdag reeds 8% meer gekos as begin Desember, terwyl West Texas Intermediate – die Amerikaanse standaard – 11% in die maand gewen het.

Die stewige Desember bring die totale styging vir 2019 reeds op nagenoeg 35% te staan, volgens Bloomberg se berekeninge.

Donderdag het Brent-ruolie by $67,50 per vat gedraai.

Die lopie in oliepryse word toegeskryf aan ’n daling in Amerikaanse olievoorrade en ’n verlangsaming in die groei van olie- en gasproduksie op die VSA se skalievelde.

Daarby lyk dit asof produksieperke van die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) dalk eindelik begin seermaak.

Volgens syfers van die Amerikaanse Petroleuminstituut het die VSA se olievoorraad verlede week met 7,9 miljoen vate gedaal, het Reuters berig.

Stephen Innes, markstrateeg van AxiTrader, het aan Bloomberg gesê nog ’n faktor wat die olieprys laat styg, is tekens dat die VSA en China ’n behoorlike handelsooreenkoms sal bereik wat ’n einde sal bring aan die voortslepende tariefoorlog tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë.

“Al dié faktore dui op ’n sterker prestasie vir olie begin volgende jaar, meer as wat enigeen net ’n paar maande gelede verwag het.”

Meer oor:  Ruolie  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel  |  Opul
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.