Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Slegte nuus sleep voort in Mei
petrolprys
Brandstofpryse gaan na verwagting wéér styg in Mei.

Die petrolprys gaan in Mei vir die vierde maand in ’n ry styg – en dit lyk asof dit weer ’n stewige styging gaan wees.

Volgens die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds is daar ’n onderverhaling (dus ’n dreigende styging) van tussen 55c en 56c op die petrolprys.

Internasionale brandstofpryse tesame met die rand-dollar-wisselkoers beïnvloed Suid-Afrika se brandstofpryse. Dié twee faktore wissel daagliks en daar lê net minder as twee weke oor voordat Mei se pryse vasgepen word. Dit sal geld vanaf Woensdag 1 Mei.

Motoriste aan die kus betaal nou al R2,07 per liter méér vir 96-oktaan-petrol en R2,12 meer in Gauteng sedert die eerste prysstyging vanjaar, in Februarie.

Dis skrale troos, maar indien die petrolprys met 55c per liter styg, sal dit steeds heelwat goedkoper wees as die duurste petrolprys wat Suid-Afrikaners al beleef het. 95-oktaan-petrol kos nou R16,13 in Gauteng en R14,49 aan die kus, teenoor onderskeidelik R17,08 en R15,49 in Oktober 2018. Indien petrol dus meer as 95c of R1 per liter duurder word, sal dit dié prys ewenaar.

Wat diesel betref, is daar moontlik goeie nuus – die jongste syfers het ’n oorverhaling (moontlike daling) van tussen 4c en 5c per liter.

So ’n klein oorverhaling kan egter maklik in twee weke weggekalwe word.

Die Outomobiel-Assosiasie (AA) sê dis welkome nuus dat paraffien se prys op die vooraand van die winter betreklik stabiel is – met ’n onderverhaling van 1c per liter op die oomblik. Baie Suid-Afrikaanse gesinne gebruik paraffien vir verhitting. “Maar die styging in die petrolprys is rede tot kommer wanneer ons ekonomie reeds in moeilike waters is.”

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Petrolprys  |  Brandstof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.