Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk Februarie se goeie nuus

Motoriste met petrolmotors kry in Februarie vir die tweede opeenvolgende maand ’n klein bietjie verligting wanneer hulle vanaf Woensdag by die vulstasie stop.

Petrol kos vanaf Woensdag 'n ietwat goedkoper.

Soos in Januarie, is die verwagte daling in die petrolprys egter net ’n druppel aan die emmer.

95-oktaan-petrol gaan na verwagting 12c per liter goedkoper word. Dit volg op die 14c in Januarie.

93-oktaan-petrol gaan na verwagting 3c per liter goedkoper word, ná Januarie se 4c.

Dis volgens die Sentrale Energiefonds se syfers tot en met Donderdag – die laaste dag van die oorsigmaand vir Februarie se brandstofpryse. Afronding kan die finale syfers, wat die departement van energie na verwagting oor die naweek gaan uitreik, beïnvloed.

Diesel word óók in Februarie goedkoper, hoewel met net tussen 5c en 6c per liter. Dis die verwagte daling in die groothandelpryse – die prys by vulstasies kan wissel omdat dit nie soos die kleinhandel-petrolprys gereguleer word nie.

Diesel het in Januarie met 7c of 9c per liter duurder geword, na gelang van swaelinhoud.

Sowel die rand as internasionale brandstofpryse het die afgelope maand bygedra tot die oorverhaling op brandstofpryse wat die daling meegebring het.

Netwerk24 sal die syfers bywerk sodra die departement van energie dit uitreik.

Meer oor:  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Vervoer  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.