Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk finale styging vir Maart

Vuisvoos verbruikers gaan in Maart ’n hele paar rand ekstra in hul begroting moet opspoor om hul motors op die pad te hou.

Petrol van alle grade styg op Woensdag 6 Maart met 74c per liter en die groothandelprys van diesel styg met 91c per liter (vir diesel met ’n swaelinhoud van 0,05%) of 93c per liter (0,005%), het die departement van energie Maandagoggend bekend gemaak.

Al word petrol Woensdag duurder, kan motoriste hulle dalk daaraan troos dat dit nog nie weer R17,08 - die rekordprys in Gauteng in Oktober 2018 - is nie.

Die styging beteken iemand wat twee keer per maand ’n tenk van 45 liter volmaak, sal in Maart nagenoeg R67 meer aan petrol of R84 meer aan diesel bestee as in Februarie.

Dis die tweede maand in ’n ry dat brandstof duurder word.

Die prys van paraffien styg met R1,02 per liter en die prys van gas met R1,01 per kilogram.

Dis skrale troos, maar die stygings sou erger gewees het as die rand nie effens sterker was die afgelope maand nie. Die rand was gemiddeld R13,80 teenoor die dollar, teenoor die vorige maand se R13,95.

As die rand onveranderd was, sou brandstof met nóg nagenoeg 9c per liter duurder geword het, wat die styging in die dieselprys tot meer as R1 per liter sou opgedruk het.

Die enigste rede vir die styging is dus die skerp styging in wêreldwye brandstofpryse die afgelope maand. Brent-ruolie, waaruit Suid-Afrikaanse petrol saamgestel word, het byvoorbeeld die grootste deel van die maand bo $65 per vat geboer.

In April styg die algemene brandstofheffing met 15c per liter en die Padongelukkefondsheffing met 5c per liter. Tensy wêreldoliepryse skerp daal en die rand versterk, is ’n styging in brandstofpryse dus ook in dié maand op hande.

Meer oor:  Sentrale Energiefonds  |  Olie  |  Petrolprys  |  Brandstofpryse  |  Brent-Ruolie  |  Brandstof  |  Diesel  |  Olieprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.