Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk finale syfers vir Januarie

Vakansiegangers wat volgende week begin huiswaarts keer ná hul Desember-wegbreek, gaan ’n bietjie meer of minder opdok vir brandstof as op pad na hul bestemming. Dit sal als afhang van of hulle petrol- of dieselaangedrewe voertuie ry.

Die finale brandstofpryse wat die departement van energie Saterdag aangekondig het, lyk as volg:

  • 95-oktaan-petrol word 14c per liter goedkoper;
  • 93-oktaan-petrol word 4c per liter goedkoper;
  • Diesel (alle grade) word 9c per liter duurder op groothandelvlak;
  • Paraffien word 7c per liter duurder; en
  • Gas word 24c per kilogram goedkoper.

Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie en kan van vulstasie tot vulstasie wissel.

Volgens die Sentrale Energiefonds se finale oor- en onderverhalings vir die oorsigmaand vir Januarie sou 95-oktaan-petrol nagenoeg 20c per liter goedkoper kon word en 93-oktaan-petrol 9c per liter. Hiervan is 5,6c per liter egter afgetrek omdat die winsgrense vir vulstasies aangepas is nadat die lone van petroljoggies, kassiere en ander werknemers van vulstasies verhoog is. 

Daar is darem goeie nuus by die petrolpomp in Januarie. Maar as jy diesel ingooi, lyk dinge minder rooskleurig.

Geen balansheffing (die sogenaamde slate levy)  is ingestel nie ondanks die volgehoue styging in dieselpryse die afgelope paar maande.

Die nuwe pryse word op Woensdag 1 Januarie van krag.

Die versterking van die rand in Desember is die grootste rede waarom petrol in Januarie goedkoper word. Dit keer ook dat diesel met tot 27c per liter duurder word.

Die rand het van gemiddeld R14,80 in die oorsigmaand vir Desember se brandstofpryse tot gemiddeld R14,48 vir die oorsigmaand vir Januarie gedaal.

Wat is die balansheffing?

Brandstofpryse word in Suid-Afrika een keer per maand vasgestel, maar brandstofmaatskappye voer daagliks brandstof in, teen wisselende pryse.

As hulle op die ope mark méér vir brandstof moet betaal as wat hulle plaaslik verdien, kan hulle aan die einde van die maand ’n eis teen die balansheffingsrekening instel om hulle hiervoor te vergoed.

As die balansheffingsrekening meer as R250 miljoen in die rooi is, word ’n balansheffing ingestel. Sodra die balansheffingsrekening weer tot R250 miljoen daal, val die heffing weg.

Die waarde van die heffing word volgens ’n formule bereken om te verseker dat dit nooit langer as ses maande duur om die rekening by –R250 miljoen of kleiner te kry nie.

Einde Oktober – die nuutste beskikbare syfers – was die balansheffingsrekening vir petrol ’n stewige R534 miljoen, wat ’n balansheffing op petrol onnodig sou maak. Diesel se balansheffingsrekening is egter -R219 miljoen, ongemaklik na aan die -R250 miljoen wat ’n heffing sou noodsaak.

Meer oor:  Olieprys  |  Sentrale Energiefonds  |  Olie  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Brandstofpryse  |  Diesel  |  Slate-Heffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.