Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk staat se hap nou

Byna 35% van elke liter 95-oktaan-petrol wat in Gauteng verkoop word, land in die staatskas.

Gautengers dok vanaf April R5,64 vir heffings op, wat byna 35% verteenwoordig van die R16,13 wat hulle vir petrol betaal.

Die heffings sluit in:

  • Algemene brandstofheffing: R3,52
  • Padongelukkefondsheffing: R1,98
  • Petroleumprodukheffing: 0,33c (’n derde van ’n sent)
  • Doeane en aksyns: 4c
  • Vraagkantbestuur-heffing: 10c

Die vraagkantbestuurheffing van 10c per liter geld net op 95-oktaan-petrol en is daarop gemik om binnelanders aan te moedig om waar moontlik 93-oktaan te gebruik.

Aan die kus beloop heffings persentasieigewys effens meer, byna 35,8% van die R15,49 wat ’n liter 95-oktaan-petrol kos.

Dis omdat Gautengers en ander binnelanders ook ’n tarief vir die vervoer van brandstof per pypleiding moet betaal. Dit wissel na gelang van hoe ver mense van die kus is.

Die wins wat groot- en kleinhandelaars maak, verteenwoordig 14,4% (Gauteng) of 15% (kus) van elke liter 95-oktaan-petrol. Dit bestaan uit:

  • Kleinhandelwins: R1,98
  • Groothandelwins; 34,8c

Indien alle heffings, wins, vervoer- en bergingskoste uitgesny word, is die basiese prys van ’n liter petrol nou R7,23.

petrol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.