Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk vooruitsig vir Junie nou
k

Die blaaskans wat motoriste in Mei gehad het, gaan waarskynlik nie in Junie herhaal word nie.

petrol, spaar, spaarwenke
Die petrolprys gaan waarskynlik weer styg in Junie. Grafika: iStock

Al het die rand die afgelope week tot onder R14 per dollar versterk, gaan brandstof duurder word omdat die prys van olie wêreldwyd aan die styg is.

Met nog twee weke oor voordat brandstofpryse vir Junie vasgepen word, lyk dit of petrol én diesel duurder gaan word.

Die onderverhaling (dus met hoeveel die prys sou styg indien dit vandag vasgestel word) op petrol beloop nou sowat 2c per liter. Op diesel se groothandelprys is daar ’n onderverhaling van 19c per liter.

Die waarde van die rand en die dollarprys van brandstof in die internasionale mark is die twee faktore wat plaaslike brandstofpryse beïnvloed.

As dit nie vir die sterker rand was nie, sou petrol nou 12c per liter duurder moes word en diesel 29c. Die rand het egter Vrydag teruggesak tot selfs R14,18 per dollar, wat beteken die styging in brandstofpryse gaan dalk teen die einde van die oorsigmaand selfs hoër wees.

Die oorsigmaand eindig op 27 Mei en die nuwe pryse vir Junie sal van 2 Junie geld.

Die petrolprys was in April die hoogste nóg op R17,32 per liter in Gauteng en R16,61 aan die kus. Dit het in Mei vir die eerste keer in 2021 gedaal, hoewel net met 9c per liter.

Die groothandelprys van diesel het in Mei met 31c per liter gesak, so daar is ’n kans dat diesel goedkoper gaan bly as in April, toe dit R14,78 per liter in Gauteng en R14,16 aan die kus was.

Brandstofpryse het in 2020 weens die Covid-19-pandemie in duie gestort en word nou weer duurder soos ekonomieë geleidelik heropen.

Die prys van Brent-ruolie, wat gebruik word om Suid-Afrikaanse petrol te vervaardig, het die afgelope 30 dae 5,2% duurder geword. Dit het die afgelope week naby $70 per vat gekom.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Olieprys  |  Petrolprys  |  Brandstof  |  Energie  |  Covid-19  |  Vervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.