Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Energie
Petrolprys: Só lyk Woensdag se pyn by die pomp
Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
Die petrolprys styg nie veel in Augustus nie. Foto: Getty Images

Suid-Afrikaners wat vir die langnaweek wil wegbreek – noudat vakansie hou binne jou eie provinsie wel wettig is – sal nie veel meer vir petrol hoef op te dok nie.

Dié wat dieselvoertuie ry, gaan egter wel ’n hele paar rand meer vir ’n tenk betaal.

Volgens die syfers van die Sentrale Energiefonds behoort 95-oktaan-petrol met slegs 6c per liter duurder te word, wat maar neerkom op R3 per tenk van 50 liter.

Vir 93-oktaan-petrol is dit byna dubbeld soveel, 11c per liter.

Vir diesel wissel dit egter tussen 45c en 46c per liter, wat beteken ’n tenk sal jou byna R23 meer kos.

Dié syfers is die totale onderverhaling op brandstofpryse vir die oorsigtydperk van vier weke op grond waarvan Augustus se brandstofpryse bepaal word. Na gelang van afronding is dit dan ook hoe die finale stygings van brandstofpryse sal lyk tensy enige winsgrense aangepas word of ’n balansheffing ingestel word.

Die departement van energie kan enige oomblik die finale brandstofpryse vir Augustus aankondig.

Dit word op Woensdag 5 Augustus van krag.

Die onderverhalings het die afgelope week effens gedaal omdat internasionale oliepryse effens teruggesak het. As pryse verlede Vrydag vasgestel is, sou dit met 15c per liter vir 95-oktaan-petrol en 52c per liter diesel moes styg.

Die verwagte stygings sal 95-oktaan in Gauteng R15,18 per liter maak en aan die kus R14,48. Diesel met 0,05% swael se groothandelprys sal in Gauteng tot R13,50 per liter styg en aan die kus tot R12,89. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie.

Meer oor:  Olieprys  |  Petrolprys  |  Petrol  |  Diesel  |  Energie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.